29 Januarie is die 29ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 336 dae in die res van die jaar (337 in skrikkeljare).

duimnael|150px|Jody Scheckter se geboortedag duimnael|150px|Oprah Winfrey se geboortedag

Gebeure 904 – Pous Sergius III volg Pous Leo V op. 1336 – Pous Benedictus XII publiseer sy Apostiliese Konstitusie Benedictus Deus. 1770 – Pous Clemens XIV stel Mario Compagnoni Marefoschi aan as kardinaal. 1787 – Pous Pius VI stel Filippo Carandini, sekretaris van die Tridentine Raad, aan as kardinaal. 1845 – The Raven, ’n gewilde gedig deur Edgar Allan Poe, word vir die eerste keer gepubliseer in die New York Evening Mirror. 1856 – Die Victoriakruis word vir die eerste keer toegeken ter erkenning van dapper optrede tydens die Krimoorlog. 1861 – Kansas word die 34ste deelstaat van die Verenigde State. 1886 – Carl Benz verkry ’n patent vir die eerste suksesvolle petrolaangedrewe motor. 1934 – Oos-Londen se Afrikaanse gemeenskap kry sy eie hoërskool, die Hoërskool Grens. 1959 – Die Disney geannimeerde film Sleeping Beauty word vir die eerste keer vrygestel. 2001 – Duisende studentebetogers in Indonesië bestorm die parlement en eis dat president Abdurrahman Wahid bedank oor beweerde betrokkenheid in korrupsieskandale. 2002 – In sy State of the Union-rede beskryf pres. George W. Bush van die VSA Irak, Iran en Noord-Korea as “regimes wat terreur borg”, en wat ’n “As van boosheid” vorm. 2025 – PSA Airlines-vlug 5342, 'n Bombardier CRJ700-reeks vliegtuig, en 'n Amerikaanse Leër Sikorsky H-60 Black Hawk-helikopter bots in die lug oor die Potomacrivier naby Washington D.C.. Al 67 mense aan boord (64 in die vliegtuig, 3 in die helikopter) sterf tydens die ongeluk.

Geboortes 1499 – Katharina von Bora, vrou van Martin Luther († 1552). 1689 – Hubert Kornelisz. Poot, Nederlandse digter († 1733). 1843 – William McKinley, Amerikaanse staatsman en 25ste President van die Verenigde State († 1901). 1856 – Aleksander Brückner, Poolse filosoof en literatuurhistorikus († 1939). 1931 – Richard Bakalyan, Amerikaanse akteur († 2015). 1945 – Ibrahim Boubacar Keïta, politikus en president van Mali († 2022). 1945 – Tom Selleck, Amerikaanse akteur, draaiboekskrywer en vervaardiger. 1948 – Kathryn Kates, Amerikaanse aktrise († 2022). 1950 – Jody Scheckter, Suid-Afrikaanse renjaer. 1954 – Oprah Winfrey, Amerikaanse kletskoningin, besigheidsvrou en aktrise. 1963 – Ismail Haniyeh, Palestynse politikus en politieke leier van Hamas († 2024). 1984 – Natalie du Toit, Suid-Afrikaanse Paralimpiese swemmer.

Sterftes 1119 – Pous Gelasius II, 161ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Cluny, Frankryk (* ~1058). 1696 – Iwan V van Rusland, tsaar van Rusland (* 1666). 1820 – George III van die Verenigde Koninkryk, (* 1738). 1954 – Helena Barry-Hofmeyr, Nasionale Partylid van die Vrystaatse Provinsiale Raad (* 1887). 1956 – Toon van den Heever, Suid-Afrikaanse digter, regter en Hertzogprys-wenner (* 1894). 1959 – Pauline Janet Smith, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1882). 1963 – Robert Frost, Amerikaanse digter (* 1874). 1966 – Wim Hartman, Afrikaanse skrywer (* 1909). 1977 – Freddie Prinze, Amerikaanse akteur (* 1954). 1996 – Jamie Uys, Suid-Afrikaanse rolprentregiseur (* 1921). 2011 – Fanus Rautenbach, Suid-Afrikaanse radio-omroeper en skrywer (* 1928). 2013 – Johan de Ridder, Suid-Afrikaanse argitek, ontwerper van vele geboue (* 1927). 2018 – Clive van Ryneveld, Suid-Afrikaanse krieketspeler, politikus, prokureur en bankier (* 1928). 2022 – Howard Hesseman, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1940). 2025 – Salwan Momika, Irakse aanhitser tot godsdienshaat teen Islam (* 1986).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae

Kategorie:Januarie