25 Januarie is die 25ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 340 dae in die res van die jaar (341 in skrikkeljare).
Gebeure
817 – Pous Paschalis I volg Pous Stefanus IV op. 844 – Teenpous Johannes VIII word deur die burgers van Rome tot pous verkies. 1077 – Keiser Hendrik IV gaan na Canossa om vergiffenis te vra van Pous Gregorius VII. 1138 – Gregorio Conti word verkies as Pous Victor IV as teenpous teenoor Pous Innocentius II. 1327 – Die tienerjarige Edward III word gekroon as Koning van Engeland, maar die land word deur sy ma Koningin Isabella en haar minnaar Roger Mortimer regeer. 1554 – Die Jesuïete stig São Paulo in Brasilië. 1725 – Die Spaanse kaper en handelaar Amaro Pargo die titel Hidalgo (edelman). 1755 – Die eerste Russiese universiteit, die Lomonossov-universiteit, word in Moskou deur tsarin Elisabeth I geopen. 1675 – Pous Clemens X verklaar Johannes van die Kruis (Johannes van Ypes) salig. 1919 – Die Volkebond, 'n voorloper van die Verenigde Nasies, word gestig om "'n einde aan alle oorloë" te bewerkstellig. 1924 – Die eerste Winter Olimpiese Spele open teen die voet van Mont Blanc in Chamonix, Frankryk. 1971 – Generaal Idi Amin neem mag in Uganda oor van Eerste Minister Milton Obote en begin daarmee agt jaar van militêre regering. 1980 – Die Silverton-tak van Volkskas Bank in Pretoria word oorgeneem deur MK-vryheidsvegters. 1981 – Meer as 100 mense sterf toe die Buffels- en die Baviaansrivier afkom en die Karoodorp Laingsburg oorstroom. 2004 – Die Marsverkenningsvoertuig (of "dwaalrobot") Opportunity land op Mars en rol die Eagle-krater binne, ’n klein krater op die Meridiani Planum. 2010 – Ethiopiese Lugdiens Vlug 409 stort neer.
Geboortes 750 – Leo IV, keiser van Bisantium († 780). 1477 – Anna van Bretagne, koningin van Frankryk († 1514). 1627 – Robert Boyle, Ierse wetenskaplike († 1691). 1759 – Robert Burns, Skotse digter († 1796). 1801 – Jean-Baptist David, professor in Nederlands en Geskiedenis aan die Katolieke Universiteit Leuven († 1866). 1874 – W. Somerset Maugham, Engelse skrywer († 1965). 1882 – Virginia Woolf, Britse skryfster († 1941). 1902 – André Beaufre, Franse leëroffisier en militêre strateeg († 1975). 1913 – Robey Leibbrandt, bokser en politieke aktivis († 1966). 1927 – Antônio Carlos Jobim, Brasiliaanse liedjieskrywer, komponis, sanger, pianis († 1994). 1938 – Wladimir Wisotski, Sowjet-sanger, liedjieskrywer, digter en akteur († 1980). 1942 – Marga van Rooy, Suid-Afrikaanse aktrise († 2017). 1949 – Fransjohan Pretorius, akademikus en historiese skrywer van agt boeke oor die Anglo-Boereoorlog. 1955 – Matthias Horx, Duitse futuris. 1957 – Luis Garavito, Colombiaanse verkragter en kinderreeksmoordenaar († 2023). 1978 – Charlene, Prinses van Monaco, Suid-Afrikaanse swemster. 1981 – Alicia Keys, Amerikaanse aktrise en sangeres. 1982 – Noemi, Italiaanse sangeres, liedjieskrywer en musikant. 1994 – Chloe Tryon, Suid-Afrikaanse vrouekrieketspeler.
Sterftes 1138 – Pietro Pierleoni (Teenpous Anacletus II) (* circa 1090). 1204 – Isak II, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1156). 1559 – Christiaan II van Denemarke, Koning van Denemarke, Noorweë en Swede (* 1481). 1892 – Groothertog Konstantyn Nikolajewitsj van Rusland, die tweede oudste seun van tsaar Nikolaas I van Rusland (* 1827). 1947 – Al Capone, Amerikaanse bendeleier (* 1899). 1974 – Stephanus Petrus le Roux, Suid-Afrikaanse politikus (* 1891). 1988 – Colleen Moore, Amerikaanse aktrise (* 1899). 1990 – Ava Gardner, Amerikaanse aktrise (* 1922). 2008 – Christopher Allport, Amerikaanse akteur (* 1947). 2012 – Paavo Berglund, Finse dirigent en violis (* 1929). 2013 – Anna-Louize Heiberg, professor in Wysbegeerte aan die Universiteit van Natal en Afrikaanse skrywer van romans (* 1924). 2015 – Demis Roussos, 'n Griekse sanger (* 1946). 2017 – Mary Tyler Moore, 'n Amerikaanse aktrise en komediant (* 1936).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Burnsnag in Skotland en Noord-Ierland
Kategorie:Januarie