duimnael|regs Kraken Black Spiced Rum is 'n Karibiese gegeurde rum."The Kraken Rum," darkrum.co. Opgespoor op 25 Februarie 2014. Dit word in die Verenigde State versprei deur Proximo Spirits en is vernoem na die kraken, 'n reuse mitiese inkvis-tipe seemonster."The Kraken," The Dieline, 28 Oktober 2009. Die bottel bevat 'n voorstelling van 'n reuse inkvis met 'n verwysing na die wetenskaplike naam daarvan, Architeuthis Dux.

Produkbeskrywing en -verpakking Kraken Rum is in 2010 bekendgestel.“Proximo Backs The Kraken Rum With New $10 Million Ad Campaign,” Shanken News Daily, 20 November 2013. Die grootste deel van die rum kom van Trinidad, en word gedistilleer van natuurlike soet molasse wat gemaak word van plaaslik verboude suikerriet. Die rum word vir 1 tot 2 jaar verouder en dan vermeng met 'n mengsel van 11 tipes speserye, insluitende kaneel, gemmer en naeltjies. “The Kraken Black Spiced Rum,” Cocktail Hunter. Opgespoor op 28 Januarie 2014. Die drank is swart van kleur maar vertoon bruin wanneer dit opgehou word in die lig.“Kraken Rum,” Rum Journey. Opgespoor 25 Februarie 2014.

Die bottel is ontwerp ná 'n Victoriaanse rumbottel, met twee hoepelhandvatsels, gebaseer op die tradisie om 'n bottel op te hang om breekskade te voorkom. Die bottel het 'n swart en wit papieretiket met 'n illustrasie van 'n Kraken-seedier. Die etiket aan die bottel se agterkant meld dat dit "ingevoerde rum uit die Karibiese Eilande is, gemeng met natuurlike geure".

Vanaf 2015 het Proximo Kraken Ghost White Rum eksklusief in Meksiko begin verkoop.

Vroeg in 2020 het Kraken twee nuwe vooraf gemengde geure vrygestel, Kraken & Dry en Kraken & Cola, wat die produk se houvas op die Australiese mark vergroot het.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf

Kategorie:Alkoholiese drank