230px|thumb| in kleur.
’n Tydelike satelliet is ’n voorwerp wat deur ’n planeet aangetrek is en dus ’n tydelike natuurlike satelliet van die planeet word. Anders as onreëlmatige mane van die groter buiteplanete van die Sonnestelsel, sal hulle eindelik óf hulle wentelbaan om die planeet verlaat óf teen die planeet bots. Die enigste voorbeelde wat waargeneem is, is , ’n tydelike satelliet van die Aarde vir nege maande in 2006 en 2007, en , wat in 2020 ontdek is. Sommige uitgediende ruimtetuie en vuurpyle is ook al in tydelike wentelbane waargeneem.
In astrofisika is ’n tydelike satelliet enige liggaam wat die Hill-sfeer van ’n planeet binnegaan – stadig genoeg dat dit vir ’n kort rukkie swaartekraggebonde aan die planeet raak.
Aantrek van satelliete Die dinamika van die aantrek van asteroïdes deur die Aarde is in simulasies op ’n superrekenaar ondersoek, en die resultate is in 2012 gepubliseer. Van 10 miljoen virtuele naby-aarde-asteroïdes, is 18 000 tydelik in ’n wentelbaan aangetrek. Die Aarde het minstens een tydelike satelliet van 1 m breed op enige gegewe oomblik, maar hulle is te dof om in huidige opnames op te spoor.
Volgens die simulasies word tydelike satelliete gewoonlik aangetrek en vrygelaat wanneer hulle een van twee punte (daar is altesaam vyf) verbysteek waar die Son en die planeet se swaartekrag in ewewig is, die Lagrange-punte L1 en L2. Die satelliet het gewoonlik wentelbane wat baie met die planeet s’n ooreenstem en word meestal aangetrek wanneer die planeet die naaste aan die Son (in die Aarde se geval in Januarie) of die verste van die Son af (Aarde: in Julie) is.
Net liggame wat ’n volle wentelbaan om ’n planeet voltooi, word streng gesproke as ’n tydelike satelliet beskou, maar sommige liggame word ook vir ’n korter tyd aangetrek.
Voorbeelde Tot in 2020 is twee voorwerpe waargeneem terwyl hulle tydelike satelliete was: en 2020 CD3. Volgens berekenings van sy baan om die Son kan die Aarde elke 20 tot 21 jaar teen ’n stadige spoed verbysteek, en kan in dié tyd ’n tydelike satelliet word.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Nabyaardevoorwerpe Kategorie:Natuurlike satelliete