is ’n klein naby-aarde-asteroïde wat gewoonlik om die Son wentel, maar soms as ’n tydelike satelliet in ’n wentelbaan om die Aarde aangetrek word wanneer dit sy naaste afstand aan die Aarde bereik. Dit is op 15 Februarie 2020 by die Mount Lemmon-sterrewag deur die sterrekundiges Theodore Pruyne en Kacper Wierzchoś ontdek as deel van die Mount Lemmon- of Catalina-lugopname. Die Kleinplaneetsentrum het die ontdekking op 25 Februarie 2020 aangekondig nadat daaropvolgende waarnemings sy wentelbaan om die Aarde bevestig het.
Dit is die tweede tydelike satelliet van die Aarde wat in situ ontdek is, ná in 2006. Uit sy baan blyk dat omstreeks 2016-2017 in ’n wentelbaan om die Aarde aangetrek is en moontlik omstreeks Mei 2020 uit die Aarde se aantrekkingskrag ontsnap het. Dit sal in Maart 2044 weer verby die Aarde beweeg, maar sal waarskynlik nie dan deur die Aarde aangetrek word nie vanweë sy groter naderingsafstand.
het ’n absolute magnitude van sowat 32, wat daarop dui dat dit baie klein is. As die vermoede reg is dat dit ’n lae albedo het omdat dit donker is, is sy deursnee sowat 1,9 tot 3,5 m. word geklassifiseer as ’n Arjuna-asteroïde, ’n subtipe klein Apollo-asteroïde wat wentelbane soos die Aarde s’n het.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Nabyaarde-asteroïede