thumb|Die panseksuele pride-vlag. Panseksualiteit kan beskou word as ’n seksuele oriëntasie op sy eie of as ’n tak van biseksualiteit, en dui op ’n alternatiewe seksuele identiteit.
Beskrywing thumb|upright=0.5|links|Die simbool van panseksualiteit. Omdat panseksuele mense ’n verhouding met ander kan aanknoop wat hulle nie in die streng sin as man of vrou identifiseer nie, verwerp hulle die tweeledige indeling van geslagte. Dit word dus beskou as ’n inklusiewer term as "biseksueel". Die mate waarin die term "biseksueel" inklusief is in vergelyking met die term "panseksueel", is ’n kwessie van debatvoering in die LGBT-gemeenskap, veral onder biseksuele.
Etimologie Panseksualiteit word soms ook "omniseksualiteit" genoem.The American Heritage Dictionary of the English Language – 4de uitg. Besoek op 9 Februarie 2007, by Dictionary.com Die voorvoegsel "pan-" kom van die Antieke Griekse woord vir "alles", πᾶν, terwyl "omni-" kom van die Latynse woord vir alles, omnis. Die woord "panseksueel" is sover bekend in 1917 die eerste keer gebruik, en dui op die idee "dat die seksinstink die belangrikste rol speel in alle menslike aktiwiteit, geestelik en fisiek", ’n aanhaling wat aan Sigmund Freud toegeskryf word.
Die letterlike betekenis van "biseksueel" is aantrekking tot die twee geslagte ("bi-" beteken "twee") of twee genders, mans en vroue. Daarteenoor sluit panseksualiteit ook interseks, transgender of ander mense in.
Poliseksualiteit Poliseksualiteit is al beskryf as "omsluitend of gekenmerk deur baie verskillende soorte seksualiteit",John Simpson (red.) (2009). Oxford English Dictionary, Oxford University Press, VSA, en as seksuele aantrekking tot baie, maar nie alle, genders.Board, Mykel. "Pimple No More." In Tucker, Naomi S. (red.) Bisexual Politics: Theories, Queries, and Visions. Routledge, Baie mense gebruik dit in die plek van "biseksualiteit".Garnets, Linda; Kimmel, Douglas C. (2003). Psychological Perspectives on Lesbian, Gay, and Bisexual Experiences. Columbia University Press,
Verwysings
Skakels
Kategorie:Seksuele oriëntasie