Die Bosveldklipels (Psydrax livida) is 'n boom wat deel is van die Rubiaceae familie. Die boom se FSA-nommer is 713.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ Die boom staan ook as die groenkwar bekend.
Verspreiding Die spesie is inheems in Angola, Botswana, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Republiek die Kongo, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die boom in Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes voor.
Die Bosveldklipels (Psydrax livida) vorm saam met Oropetium capense 'n subgemeenskap wat in die noordooste van die Mapungubwe- Nasionale Park voorkom. Ander diagnostiese spesies van hierdie subgemeenskap is Hibiscus engleri, Sida cordifolia, Tephrosia euprepes en Croton pseudopulchellus. Die Psydrax livida-Oropetium capense-groep is 'n subgroep van die Hexalobus monopetalus – Croton gratissimus var. subgratissimus-plantegemeenskap.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Sanbi Plants of the World Online
livida Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van die Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe