thumb|240px|Androfilie en ginefilie. Androfilie en ginefilie is terme wat in gedragswetenskap gebruik word om seksuele oriëntasie te beskryf as ’n alternatief vir die begrippe homoseksueel en heteroseksueel. Androfilie beskryf seksuele aantrekking tot mans of manlikheid, en ginefilie aantrekking tot vroue of vroulikheid.Schmidt J. (2010). Migrating Genders: Westernisation, Migration, and Samoan Fa'afafine, p. 45 Ashgate Publishing, Ltd., Ambifilie beskryf die kombinasie van androfilie en ginefilie in een persoon, of biseksualiteit.Diamond M. (2010). Sexual orientation and gender identity. In Weiner I.B., Craighead E.W. (reds). The Corsini Encyclopedia of Psychology, Volume 4. p. 1578. John Wiley and Sons,

Die terme word objektief gebruik om die voorwerp van iemand se aantrekking te beskryf sonder om die persoon se eie geslag of gender in ag te neem. Dit kan vooroordeel voorkom wat inherent is in normatiewe konsepte van menslike seksualiteit, asook verwarring en aanstoot wanneer mense in nie-Westerse kulture of interseks en transgender mense beskryf word.Aggrawal, Anil (2008). Forensic and medico-legal aspects of sexual crimes and unusual sexual practices. CRC Press,

Historiese gebruik Androfilie Magnus Hirschfeld, ’n Duitse seksuoloog en geneesheer uit die vroeë 20ste eeu, het homoseksuele mans in vier groepe verdeel: pedofiele, wat aangetrokke voel tot seuns voor puberteit; efebofiele, wat aangetrokke is tot jong mense van puberteit tot hulle vroeë twintigerjare; androfiele, wat aangetrokke voel tot mans tussen hulle vroeë twintigs en hulle vyftigs; en gerontofiele, wat aangetrokke voel tot ouer mans, tot ’n seniele ouderdom.Sexual anomalies: the origins, nature and treatment of sexual disorders : a summary of the works of Magnus Hirschfeld M. D. Emerson Books, ASIN: B0007ILEF0Wayne R. Dynes, Stephen Donaldson. Encyclopedia of homosexuality, Volume 1. Garland Pub., Hirschfeld het efebofilie as algemeen en niepatologies beskou, terwyl efebofiele en androfiele sowat 45% van die homoseksuele bevolking uitgemaak het.

In sy boek Androphilia, A Manifesto: Rejecting the Gay Identity, Reclaiming Masculinity gebruik Jack Donovan die term om nadruk te lê op manlikheid in beide die voorwerp en onderwerp van manlike homoseksuele begeerte en om die seksuele nonkonformiteit te verwerp wat hy in sekere segmente van die homoseksuele identiteit gesien het.Donovan J (2007). Androphilia, A Manifesto: Rejecting the Gay Identity, Reclaiming Masculinity Scapegoat Publishing, Dynes, Wayne R. (ed.) (1990) Androphilia. Encyclopedia of Homosexuality, p. 58. St. James Press,

Die term "androseksualiteit" word soms gebruik as sinoniem vir "androfilie".Tucker, Naomi (1995). Bisexual politics: theories, queries, and visions. Psychology Press,

Ginefilie Sigmund Freud het die term "ginesofilie" gebruik in die beskrywing van sy gevallestudie Dora.Kahane C (2004). Freud and the passions of the voice. In O'Neill J (2004). Freud and the Passions. Penn State Press, Hy het die term ook in sy korrespondensie gebruik.Sigmund Freud to Sándor Ferenczi, 25 Maart 1908 ’n Alternatiewe spelling is "ginefilie".

Net in uitsonderlike gevalle word die term "gineseksualiteit" as sinoniem gebruik.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Seksuele oriëntasie