thumb|240px|Die interseks pride-vlag. ’n Interseks, interseksueel of interseks(uele) persoon"Interseks" in die AWS aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 13 November 2020."Interseksueel" in die Algemene Woordeboek van Eietydse Afrikaans (AWEA). Aanlyn by viva-afrikaans.org. Besoek op 13 November 2020. is ’n individu wat gebore is met een van vgerskeie variasies van geslagseienskappe, insluitend chromosome, geslagskliere, geslagshormone of geslagsdele, wat "nie pas by die tipiese definisies van manlike of vroulike liggame nie". Hierdie atipiese variasies kan by geboorte fisiek sigbaar wees omdat ’n baba met onduidelike voortplantingsorgane gebore word, of andersins is dit nie sigbaar nie en kan ’n mens dwarsdeur sy lewe onbewus daarvan wees.

Voorheen is na intersekse as hermafrodiete of "aangebore eunugs" verwys.Nguyễn Khắc Thuần (1998), Việt sử giai thoại (History of Vietnam's tales), vol. 8, Vietnam Education Publishing House, p. 55 In die 19de en 20ste eeu het sommige mediese kenners nuwe terme aanbeveel om die eienskappe wat hulle gesien het te klassifiseer. Die eerste terme was "ware hermafroditisme" en "vroulike of manlike pseudohermafroditisme". Dié terme word nie meer gebruik nie. Dit word as misleidend en stigmatiserend beskou as dit vir mense gebruik word. ’n "Hermafrodiet" word nou gedefinieer as ’n "dier of plant wat beide manlike en vroulike voortplantingsorgane het". In 1917 het Richard Goldschmidt die term "interseksualiteit" geskep om na ’n verskeidenheid fisieke geslagsonduidelikhede te verwys. In ’n kliniese opset word die term "geslagsontwikkelingsteurings" sedert 2006 gebruik. Dié term is omstrede sedert dit begin gebruik is.Diamond M., Beh H.G. (27 Julie 2006). Variations of Sex Development Instead of Disorders of Sex Development. Arch Dis Child

thumb|280px|links|Deelnemers aan die derde Internasionale Interseksforum in Desember 2013 in Malta. Stigmatisering en diskriminasie staar interseksuele mense van hulle geboorte af in die gesig, of vandat dit bekend word dat hulle interseksueel is, byvoorbeeld tydens puberteit. Dit kan kindermoord, verlating en die stigmatisering van gesinne insluit. Wêreldwyd word sommige kinders wat met onduidelike uitwendige geslagsorgane gebore word, chirurgies of met hormone verander om sosiaal aanvaarbaarder eienskappe te skep. Dit is egter omstrede en daar is geen bewyse dat dit voordele inhou nie.Submission 88 to the Australian Senate inquiry on the involuntary or coerced sterilisation of people with disabilities in Australia , Australasian Paediatric Endocrine Group (APEG), 27 Junie 2013 Sulke behandeling kan sterilisasie insluit. Ook volwassenes, insluitend bekende vroulike atlete, is al aan sulke behandeling onderwerp.

Sulke kwessies word al hoe meer as die skending van menseregte beskou.Report of the UN Special Rapporteur on Torture , Office of the UN High Commissioner for Human Rights, Februarie 2013.Eliminating forced, coercive and otherwise involuntary sterilization, An interagency statement , World Health Organization, Mei 2014. Organisasies vir intersekse het ook al verklarings uitgereik oor die skending van menseregte, soos die Malta-verklaring van 2013 deur die derde Internasionale Interseksforum.

Sekstoewysing by geboorte hang gewoonlik af van ’n kind se anatomiese geslags- en fenotipe. Die syfer vir die geboorte van interseks babas is van slegs 0,018% tot rofweg 1,7%, na gelang van watter toestande as interseksueel beskou word. Ander interseksuele toestande betrek chromosome, geslagskliere en geslagshormone. Sommige intersekse kan as ’n seun of meisie grootgemaak word, maar later in hulle lewe as die ander geslag geïdentifiseer word, terwyl die meeste met hulle toegewese geslag bly identifiseer. In 2011 was Christiane Völling die eerste interseks wat suksesvol skadevergoeding geëis het in ’n saak oor chirurgie sonder toestemming. In April 2015 het Malta die eerste land geword wat mediese ingryping sonder toestemming om geslagseienskappe te verander, verbied het. Dit sluit interseksuele mense in.

Suid-Afrika was die eerste land wat interseksuele mense eksplisiet in wette teen diskriminasie genoem het.

Definisies thumb|180px|Die model Hanne Gaby Odiele, deur Ed Kavishe afgeneem vir Fashionwirepress. In 2017 het Odiele bekend gemaak sy het die interseks eienskap androgeen-ongevoeligheidsindroom. Sy beskryf haarself as ’n interseks vrou. Die VN se Kantoor van die Hoë Kommissaris vir Menseregte verklaar:

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) word "interseks" gedefinieer as ’n aangebore onreëlmatigheid van die voortplantings- en geslagstelsel. Dit is moeilik om ’n raming te maak van die voorkoms van interseks by geboorte, want daar is geen konkrete parameters vir die definiëring daarvan nie.

In biologiese terme kan geslag by geboorte deur middel van ’n aantal aanwesige faktore vasgestel word:Knox, David; Schacht, Caroline. (2010) Choices in Relationships: An Introduction to Marriage and the Family . 11de uitg. Cengage Learning. . p. 64. die getal en soort geslagschromosome, die soort geslagskliere – eierstokke of testikels, geslagshormoonvlakke, die inwendige voortplantingsanatomie (soos die baarmoeder in vroue), en die uitwendige geslagsdele.

Mense wie se eienskappe by geboorte nie heeltemal tipies manlik of vroulik is nie, is interseks. Sommige interseks eienskappe is nie altyd by geboorte sigbaar nie; sommige babas kan onduidelike geslagsdele hê, terwyl ander onduidelike inwendige organe kan hê. Ander sal nie daarvan bewus word dat hulle interseks is nie totdat hulle genetiese toetse ondergaan, omdat dit nie uit hulle fenotipe duidelik is nie.

Geskiedenis thumb|180px|Hermafroditos op ’n muurskildering van die Herculaneum (eerste helfte van die 1ste eeu n.C.). Mense was al van die vroeë tyd af bewus van interseks mense. Van die vroegste voorbeelde word in die mitologie aangetref: Die Griekse historikus Diodorus Siculus het in die 1ste eeu v.C. geskryf van die mitologiese Hermafroditos, wat "gebore is met ’n fisieke liggaam wat ’n kombinasie is van dié van ’n man en dié van ’n vrou", en glo bonatuurlike eienskappe gehad het. Ardhanarishvara, ’n androgene, saamgestelde vorm van die god Sjiwa en die godin Parwati, het sy oorsprong in die 1ste eeu n.C. in die Koesjan-kultuur. ’n Standbeeld van Ardhanarishvara staan in die Meenakshi-tempel, ’n Hindoe-tempel in Madurai, Indië, en toon duidelik beide manlike én vroulike liggaamselemente.

Beide die Griekse en Romeinse geneeshere Hippokrates (omstreeks  460-370 v.C.) en Galenus (129 - omstreeks 200/216 n.C.) het geslag beskou as ’n spektrum tussen mans en vroue, met "baie skakerings tussenin, insluitend hermafrodiete, ’n perfekte balans van manlik en vroulik". Die Romeinse naturalis Plinius die ouere (23/24-79 n.C.) het mense beskyf "wat van albei geslagte gebore is, wat ons hermafrodiete noem, tegelykertyd androgien" (andr-, "man", en gin-, "vrou", uit Grieks).Plinius, Natural History 7.34: gignuntur et utriusque sexus quos hermaphroditos vocamus, olim androgynos vocatos; Veronique Dasen, "Multiple Births in Graeco-Roman Antiquity," Oxford Journal of Archaeology 16.1 (1997), p. 61. Augustinus van Hippo (354 - 28 Augustus 430), die invloedryke Katolieke teoloog, het in Die Letterlike Betekenis van Genesis geskryf mense word geskep in twee geslagte, behalwe "soos wat met sommige geboortes gebeur, in welke geval ons hulle androgiene noem".

In middeleeuse en vroeë moderne Europese tye het die Romeinse reg, postklassieke kerkreg en later gemenereg na mense se geslag verwys as mans, vroue of hermafrodiete. Laasgenoemde het dieselfde regte as mans of vroue gehad, na gelang van watter eienskappe die dominantste was.Lynn E. Roller, "The Ideology of the Eunuch Priest," Gender & History 9.3 (1997), p. 558. Die 12de-eeuse Decretum Gratiani verklaar: "Of ’n hermafrodiet getuie vir ’n testament mag wees, hang af van watter geslag oorheersend is".Decretum Gratiani, C. 4, q. 2 et 3, c. 3 Die basis van gemenereg, die 17de-eeuse Institutes of the Lawes of England, beskryf hoe ’n hermafrodiet kon erf, "óf as man óf as vrou, volgens die geslag wat oorheersend is".E Coke, The First Part of the Institutes of the Laws of England, Institutes 8.a. (1st Am. uitg. 1812) (16de Europese uitg. 1812).

Sommige nie-Europese gemeenskappe het geslags- en genderstelsels wat meer as die twee kategorieë "man" en "vrou" erken. Sommige kulture, soos die Suid-Asiatiese Hijra-gemeenskappe, kan ’n interseks of derde genderkategorie insluit. Volgens die Hawaise kultuur besit interseks individue meer mana, of spirituele krag, as ’n man of vrou.

In die Victoriaanse tydperk het mediese skrywers terme soos "ware hermafrodiet" bekendgestel, vir iemand wat beide eierstok- en testikulêre weefsel gehad het. Ander terme was "manlike pseudohermafrodiet" vir iemand met testikulêre weefsel, maar óf vroulike óf onduidelike seksuele anatomie, en "vroulike pseudohermafrodiet" vir iemand met eierstokweefsel, maar óf manlike óf onduidelike seksuele anatomie. Sommige latere terminologiese veranderings het vooruitgang in genetika weerspieël, terwyl ander vermoedelik bloot verkleinerend was.

Die term "interseksualiteit" is in 1917 deur die Duits gebore Amerikaanse genetikus Richard Goldschmidt geskep. Die eerste voorstel dat die term "hermafrodiet" met "interseks" vervang word, is in die 1940's deur die Grieks-Engelse geneesheer Cawadias gemaak.

Sedert die begin van die moderne geneeskundige wetenskap het sommige intersekse met onduidelike uitwendige geslagsdele chirurgie ondergaan om hulle geslagsdele soos dié van óf ’n man óf ’n vrou te laat lyk. Chirurge het interseks babas by geboorte as ’n "sosiale noodgeval" aangedui. Volgens ’n genderbeleid wat aanvanklik deur die Nieu-Seeland-Amerikaanse sielkundige en seksuoloog John Money opgestel is, sou vroeë ingryping help om verwarring oor genderidentiteit te voorkom, maar daar is nie bewyse daarvoor nie. Vroeë ingryping het nadelige gevolge vir sielkundige en fisieke gesondheid. Aangesien vooruitgang in chirurgie dit moontlik maak om interseks toestande te verbloem, is baie mense nie bewus van hoe dikwels interseks toestande onder mense voorkom of dat dit enigsins voorkom nie.

Menseregte en regskwessies thumb|240px|links|Interseks aktiviste op 16 Junie 2018 op ’n boot tydens die Utrecht Canal Pride in Nederland. Organisasies vir menseregte skenk al hoe meer aandag aan skadelike praktyke en kwessies van diskriminasie teen interseks mense. Van die internasionale organisasies wat dit doen, is die Raad van Europa, die Kantoor van die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Menseregte en die Wêreldgesondheidsorganisasie. Daarbenewens vind internasionale interseksforums en toenemende samewerking onder gemeenskapsorganisasies plaas. Tog verloop die opstelling, inwerkingstelling en afdwinging van interseks menseregte in nasionale regstelsels stadig.

Integriteit en outonomie Stigmatisering en diskriminasie van geboorte af kan insluit kindermoord, verlating en die stigmatisering van gesinne. Soos genoem op die "Interseks menseregte"-blad, is die geboorte van ’n interseks kind dikwels in die verlede beskou as ’n vloek of ’n teken dat die ma ’n heks is, veral in dele van Afrika. Verlatings en kindermoord is aangemeld in Uganda, Kenia, Suid-Asië en China.

Interseks babas, kinders en adolessente ervaar ook "normaliserende" ingrypings wat medies onnodig is, en dit sonder hulle toestemming. Ingrypings is al deur verdedigers van menseregte beskryf as ’n skending van baie regte, onder meer die reg op liggaamlike integriteit en privaatheid en teen diskriminasie en eksperimentering.