thumb|130px|links|Sommige aseksuele dra ’n swart ring aan die middelvinger van hulle regterhand as ’n vorm van identifikasie.
Aseksualiteit is die gebrek aan seksuele aantrekking tot ander of aan belangstelling in seks. Dit kan ook wyer gekategoriseer word om ’n breë spektrum aseksuele subidentiteite in te sluit.
Beskrywing thumb|200px|’n Aseksuele pride-vlag. Aseksualiteit verskil van seksuele onthouding en selibaat, wat op gedrag betrekking het en gewoonlik gemotiveer word deur faktore soos persoonlike, sosiale of godsdienstige oortuigings.The American Heritage Dictionary of the English Language (3de uitg. 1992), inskrywings vir celibacy en abstinence. Seksuele oriëntasie word as blywend beskou, anders as seksuele gedrag. Sommige aseksuele mense het wel seks, ondanks ’n gebrek aan seksuele belangstelling of begeerte, om verskeie redes soos om ander te plesier of kinders te hê.
Aanvaarding van aseksualiteit as ’n seksuele oriëntasie en wetenskaplike navorsing daaroor is steeds relatief nuut. Al hoe meer sosiologiese en sielkundige navorsing word daaroor gedoen. Terwyl sommige navorsers glo aseksualiteit is ’n seksuele oriëntasie, stem ander nie saam nie.
Verskeie aseksuele gemeenskappe het ontstaan ná die uitvinding van die internet en sosiale media. Die bekendste is die Asexual Visibility and Education Network, wat in 2001 gestig is.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Seksuele oriëntasie