Pierre Kemp (1 Desember 1886 – 21 Julie 1967) was 'n Nederlandse digter.
Lewensloop duimnael|regs|200px|Standbeeld van Pierre Kemp in die stadspark van Maastricht. Na laerskool was Kemp as skilder (van erdewerk) werksaam by die Société Céramique en daarna tot sy aftrede as administrateur by die steenkoolmyn Laura en Vereeniging te Eygelshoven.
Kemp debuteer as digter met 'n sonnet in 'n uitgawe van De Limburger Koerier van 23 Maart 1910. In 1914 verskyn sy eerste digbundel onder aanmoediging van die Jesuïet J. van Well. Tussen 1915 en 1916 werk hy as leerling-joernalis by De Tijd in Amsterdam, maar word deur heimwee gedryf en keer spoedig terug na Maastricht. In 1918 trou Kemp met Hubertina Catharine Mommers, saam met wie hy drie seuns het.
Kemp het vir dekades lank per trein tussen Maastricht en Eygelshoven gereis op pad na sy werkplek by die Laura-myn. Hy het, gewoonlik onberispelik geklee in 'n donker en stemmige pak, honderde gedigte tydens die kort treinreise geskryf. Vele hiervan is ingesluit in Stabielen en passanten (1934), wat Kemp se "tweede debuutbundel" genoem is vanweë die ligter toon en speelse, beskeie verse daarin, en de Engelse Verfdoos (1956).
'n Besonderse werk verskyn in 1960 toe hy saam met die skilder Willem Hofhuizen Les Folies Maestrichtoises ('n digbundel gebaseer op die koeplette van François Couperin getiteld Les Folies Françaises) ter ere van die 50ste verjaardag van Fernand Lodewick skep. Lodewick was 'n bekende Neerlandikus wat destyds handboeke aan die Nederlandse lycea voorsien het. Dit is gepubliseer deur Willem Veltman. Honderd eksemplare daarvan is gedruk, waarvan die eerste dertig "getooi" is met 'n handtekening van beide kunstenaars en waarvan die gedrukte tekeninge per hand ingekleur is deur Willem Hofhuizen.
Behalwe vir sy digterskap was Pierre Kemp ook 'n verdienstelike skilder. In 1975 en 2010 is uitstallings van sy werk in die Bonnefantenmuseum in Maastricht gehou.
Sy jonger broer Mathias Kemp was ook 'n digter en skrywer.
Pierre Kemp, Eygelshoven en die Laura-myn was die onderwerp van die digter-juris Manuel Kneepkens se begrafnismars uit 1993: "Langs de lange, lange beroete spoorlijn|naar huis..." (in: Au pays du tendre Mosan noir)
Pryse 1954 - Poëzieprijs van de gemeente Amsterdam vir sy gedigte 1956 - Constantijn Huygens-prijs vir sy gehele oeuvre 1958 - P.C. Hooft-prijs vir sy gehele oeuvre 1959 - Culturele prijs van Limburg vir sy gehele oeuvre
Bibliografie 1914 - Het wondere lied 1916 - De bruid der onbekende zee en andere gedichten 1925 - Limburgs Sagenboek 1928 - Carmina Matrimonalia 1934 - Stabielen en passanten 1938 - Fugitieven en constanten 1940 - Transitieven en immobielen 1946 - Pacific 1946 - Standard-book of classic blacks 1947 - Phototropen en noctophilen 1949 - Forensen voor Cythère en andere gedichten 1956 - Engelse verfdoos 1958 - Vijf families en één poederblauw 1959 - Emeritaat 1959 - Garden, 36, 22, 36 inches 1960 - Les Folies Maestrichtoises 1961 - De incomplete luisteraar 1961 - Au Pays du Tendre mosan 1962 - Speelgoed-tentoonstelling . Faksimilee uitgawe deur die P.K.-Stichting te Maastricht 1965 - Perzische suite voor Dr. E.F. Tijdens 1976 - Verzameld werk 2017 - Het regent in de trompetten. De mooiste gedichten van Pierre Kemp, samestelling Wiel Kusters en Ingrid Wijk.
Literatuur Kusters, Wiel (2010). Pierre Kemp : een leven. Vantilt, Nijmegen. 742 p, 56 p. pl. .
Eksterne skakels Webwerf van die Pierre Kemp Stichting
Kategorie:Nederlandse digters Kategorie:Nederlandse skilders Kategorie:Geboortes in 1886 Kategorie:Sterftes in 1967