duimnael|330px|Kaart wat die intensiteit van die aardbewing aandui. Op 30 Oktober 2020 het 'n massiewe aardbewing die Egeïese See getref. Daar was verskeie naskokke. Die Turkse regering het 'n waarskuwing uitgereik vir moontlike tsoenami's.

Daar was skade in die groot stad İzmir in Turkye en 117 mense is daar oorlede, en 'n verdere 1 034 beseer. In Griekeland was daar twee sterfgevalle en 19 mense met geringe beserings. Dit was die kragtigste aardbewing in die Egeïse See sedert 1981, en die dodelikste in die İzmir Provinsie. In 1955 het vier mense in İzmir in 'n aardbewing gesterf. Die aardbewing was ook die dodelikste van die jaar 2020.

Verwysings

Bronne https://www.dailysabah.com/turkey/6-dead-in-izmir-as-magnitude-66-quake-shakes-turkeys-west-coast/news https://www.cnn.gr/ellada/story/240649/seismos-samos-plirofories-gia-traymaties

Kategorie:Aardbewings Kategorie:Tsoenami's Kategorie:2020 Kategorie:Middellandse See Kategorie:Geskiedenis van Griekeland Kategorie:Geskiedenis van Turkye