Die wolkbergkransaalwyn (Aloe thompsoniae) is 'n aalwyn wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie is endemies aan die Wolkberg naby Tzaneen in Limpopo. Daar is vyf populasies in die Wolkberg gevind en die plant groei op hoogtes van 1650–2100 m. Dit is 'n stamlose dwergaalwyn wat normaalweg van November tot April sy helderkleurige blomme dra. In Engels staan dit bekend as die Wolkberg cliff aloe.
Sien ook Lys van aalwynspesies
Bronnelys REDLIST Sanbi PlantZAfrica Plants of the World Online
thompsoniae Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika