David Warren Brubeck (; 6 Desember 1920 – 5 Desember 2012) was 'n Amerikaanse jazzpianis en -komponis. Brubeck word beskou as een van die voorste eksponente van cool jazz. Verskeie van sy komposisies het standaardwerke in die jazz repertorium geword, insluitende "In Your Own Sweet Way" en "The Duke". Brubeck se styl was wydlopend en kon verfyn of bombasties voorkom, welke sy moeder se klassiek opleiding en sy eie vaardighede met improvisasie reflekteer. Sy musiek is bekend daarvoor dat dit gebruik maak van ongewone tydsaanduidings sowel as die opmekaar-plasing van kontrasterende ritmes en tonaliteite.
Brubeck het regdeur sy loopbaan met tydsaanduiding geëksperimenteer. Hy het ook orkes- en gewyde musiek gekomponeer en klankbane geskryf vir televisie soos Mr. Broadway en die geanimeerde minireeks This Is America, Charlie Brown.
Die liedjie "Take Five", wat 'n standaardwerk in die jazz repertorium geword het, word soms verkeerdelik toegeskryf aan Brubeck. Dit is egter gekomponeer deur Brubeck se musikale vennoot, die alto saxofoonspeler Paul Desmond. "Take Five" het deel uitgemaak van een van die topverkoper albums, Time Out. Die werk, wat voortleef as 'n klassieke werk in die jazz repertorium, word egter steeds met Brubeck geassosieer.
Diskografie
As leier