BMW N47 is 'n inlynviersilinder-gemenedrukbuisdieselenjin met baie verbeterings teenoor sy voorganger, die M47. In 2014 is dit vervang deur die B47.

Die N47-enjin het in Maart 2007 in die opgekikkerde 1-reeks BMW E87 en E81 afgeskop en was beskikbaar in die 1-reeks BMW E82 en E88, wat later in dieselfde jaar bekendgestel is.

Die enjin was ook vanaf September 2007 in die 5-reeks BMW E60 en E61 beskikbaar, ten spyte daarvan het die ouer M47 nog beskikbaar gebly.

N47