Die Mercedes-Benz OM636 is 'n dieselenjin wat deur Daimler-Benz vervaardig was. Dit was die oorspronklike Unimog-enjin en is in 1949 as die opvolger van die OM 138 bekendgestel. Gedurende sy lang produksietyd is die OM636 die eerste keer in 'n passasiersmotor gebruik in die Mercedes-Benz W136 in 1949. Later is dit as 'n industriële enjin verkoop en het baie toepassings gehad in voertuie soos ligte vragmotors, bote en stropers. Dit is opgevolg deur die OM621, maar die OM636 is egter tot 1990 in produksie gehou.

Die Duitse afkorting OM beteken Oelmotor (olie-enjin), en staan vir 'n Daimler-Benz-enjin wat enige soort olie as brandstof gebruik (dus 'n dieselenjin).

Tegniese data Toepassing Enjinkode Boor × slag Verplasing Kompressie-verhouding Geskatte krag Wringkrag 170 D (W136) OM636 I 73.5x100 mm 19.0:1 28 kW @ 3200 opm 96 Nm @ 2000 opm 170 DS (W191) OM636 VI 75x100 mm 29 kW @ 3200 opm 101 Nm @ 2000 opm 180 D (W120) OM636 VII 32 kW @ 3500 opm 98 Nm @ 1500 opm

Kategorie:Mercedes-Benz-enjins