’n Geslagsklier, voortplantingsklier of gonade"Gonade" in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 16 Oktober 2020. is ’n gemengde klier wat die gamete (geslagselle) en geslagshormone van ’n organisme vervaardig. In die manlike lid van die spesie is die voortplantingselle die sperma en in die vroulike lid is dit die eierselle. Die manlike geslagsklier, die testikel, vervaardig sperma en die vroulike klier, die eierstok, vervaardig eierselle. Albei hierdie gamete is haploïede selle.
Ontwikkeling Geslagskliere begin ontwikkel in die vroegste stadium van ontwikkeling, en word later gedifferensieer tot manlike en vroulike geslagsorgane. Die teenwoordigheid van die SRY (geslagsdeterminerende streek Y)-geen, wat aan die Y-chromosoom geleë is en die testisdeterminerende faktor enkodeer, bepaal manlike geslagsdifferensiasie. As die SRY-geen aan die Y-chromosoom afwesig is, ontwikkel die vroulike geslag (eierstokke in plaas van testes).
Verwysings
Skakels
Kategorie:Voortplanting