Die Rymkroniek van Woeringen, ook genoem die Rymkroniek oor die Slag van Woeringen, Yeeste van die Slag van Woeringen of Woeronc, is 'n rymkroniek en ridderroman oor die bewind van hertog Jan I van Brabant tot en met en insluitend die Slag van Woeringen (1261–1288).
Die skrywerskap van die kroniek word toegeskryf aan ene "Jan van Heelu", wat ook bekend gestaan het as "Jan van Leeuwe". Hy was 'n Vlaamse en Brabantse skrywer. Tussen 1288 en 1294 het hy 'n kroniek geskryf van die Slag van Woeringen van 1288 tussen Reinoud I van Gelre, en Jan I van Brabant. Anders as wat algemeen aanvaar word, was Jan van Heelu nie 'n ooggetuie van die geveg nie. Alhoewel die skrywer beweer dat hy by die gebeure was, is dit 'n kenmerk van die ridderroman om te beweer dat hy alles met eie oë gesien het, al was dit nie waar nie.
Verwysings
Bronne
(editio princeps)
Kategorie:Manuskripte Kategorie:Nederlandse letterkunde Kategorie:Vlaamse skrywers Kategorie:Suid-Nederlanders (voor 1830)