Pieter Spaarwater (24 Desember 1936 - 4 Oktober 2020) was 'n rubriekskrywer, motorredakteur en radio-omroeper. Spaarwater is in Pelgrimsrus gebore, sy pa was ook Pieter, 'n huisdokter, en sy ma Mollie, 'n onderwyseres. Hy matrikuleer aan die Afrikaanse Hoër Seunskool en werk daarna by die SAUK se Afrikaanse radiodiens. Daarna het hy vir sewe jaar by Radio Nederland as omroeper gewerk. By sy terugkeer was hy motorredakteur en later rubriekskrywer by Huisgenoot.
Hy word oorleef deur sy vrou, Estelle, seuns Ebbe en Pieter, dogter Esther en drie kleinkinders.
Bron Spaarwater 'had albei voete plat op aarde' Rapport Weekliks, 11 Oktober 2020.
Kategorie:Suid-Afrikaanse omroepers Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste Kategorie:Geboortes in 1936 Kategorie:Sterftes in 2020