duimnael|Krzwt Domek duimnael|Gedurende die nag Krzywy Domek ( Pools vir "kromhuis") is 'n buitengewone gebou in Sopot, Pole.

Krzywy Domek is in 2004 gebou. Dit is ongeveer 4 000 vierkante meter groot en maak deel uit van die Rezydent-winkelsentrum. Op die grondvloer is daar kommersiële persele, soos 'n voedselarea, kroeë, soesji eetplek, Costa-koffiewinkel, 'n skoonheidssalon en 'n speletjieskamer. Die gebou is ook die setel van onder andere plaaslike tak van Radio RMF FM en RMF Maxxx.http://20lat.rmf.fm/tiki-index.php?page=RMF+FM+Tr%C3%B3jmiasto ,RMF FM Trójmiasto, 1 Mei 2010

Die gebou is ontwerp deur Szotyńscy & Zaleski, wat geïnspireer is deur die sprokiesillustrasies en tekeninge van Jan Marcin Szancer en Per Dahlberg. Dit kan vanaf die Monte Cassino- of Morskastraat ingegaan word.

Krzywy Domehet die eerste plek behaal op die lys van die 50 vreemdste geboue ter wêreld, opgestel deur Portal Village of Joy.Krzywy domek . krzywydomek.info

Galery

Sien ook Dansende huis

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Winkelsentrums