Marinda van Zyl (gebore op 11 September 1948 in Gobabis, Suidwes-Afrika) is 'n Afrikaanse skrywer.
Van Zyl was in 2011 die naaswenner in LAPA se romanwedstryd met haar manuskrip Vrypas na Vergenoeg wat as Wilhelmina Radebe kom tuis gepubliseer is. Haar roman Amraal haal in 2015 die kortlys van NB-uitgewers se Groot Afrikaanse romanwedstryd.
Benewens honneursgrade in Geskiedenis en Biblioteekkunde aan Unisa, het sy ook ’n MA in Geskiedenis (UOVS) en MBibl (cum laude) aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. verwerf, en dit opgevolg met ’n PhD in Geskiedenis aan Vista-universiteit.https://www.litnet.co.za/du-toitskloof-litnet-eerste-slukkie-dors-deur-marinda-van-zyl/ Besoek op 12 Oktober 2020
Marinda en haar man woon sedert hulle aftrede op Langebaan.
Publikasies Wilhelmina Radebe kom tuis (2014) Amraal (2016)https://www.litnet.co.za/resensie-amraal-deur-marinda-van-zyl/ Opgespoor en besoek op 12/10/2020 Dors (2018)https://voertaal.nu/historiese-roman-oor-dorslandtrekkers-raak-aan-n-dieper-dors/ Opgespoor en besoek op 12/10/2020 Rooiborslaksman (2020) Veldhospitaal 12 (2021)
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1948 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaanse skrywers