thumb|Bo: Linte word geknip op 2014 se ekspo. Onder: Porno-sterre by die vloervertoning in 2015. Die AVN Adult Entertainment Expo (AEE) is ’n konvensie en handelskou vir die volwassevermaakbedryf wat elke jaar in Januarie in Las Vegas, Nevada, gehou word. Dit word deur die tydskrif AVN geborg. AEE is die grootste handelskou vir pornografie in die VSA. In 2007 het meer as 30 000 mense dit bygewoon en 355 maatskappye uitstallings gehad.

Beskrywing Die AEE duur vier dae. Die eerste twee dae is net vir lede van die volwassevermaakbedryf, terwyl die ander twee dae oop is vir aanhangers wat handtekeninge, foto's en gedenkwaardighede soek. Een van die grootste aspekte van die ekspo is dat die meeste van die volwassevermaakbedryf se sterre ’n verskyning maak. In 2018 is dit van 24 tot 27 Januarie gehou.

Die AVN-prystoekenning vind op die laaste aand van die ekspo plaas. Van 2012 af word die ekspo by die Hard Rock Hotel & Casino in Las Vegas gehou.Hottest stars of the adult industry sizzle at the AVN Show 2015, New York Daily News slideshow

Sien ook AVN-prys

Verwysings

Skakels Amptelike webtuiste

Kategorie:AVN-pryse