Paulus (Jazidji) van Aleppo (ook bekend as Boelos Jazidji; gebore 1959) is die metropolitaan van die Grieks-Ortodokse Kerk van Antiogië in Aleppo, Sirië. Hy is van die Kerk van die Mariahemelvaart.
Lewe Paulus is in 1959 in die kusstad Latakia, Sirië, gebore. Nadat hy in 1985 ’n graad in siviele ingenieurswese behaal het, is hy tot diaken gewy en het hy teologie aan die Universiteit van Thessaloniki studeer. Hy het in 1989 ’n B.A.-graad behaal, in 1992 ’n meestersgraad en daarna sy doktorsgraad. Hy het ook op berg Athos studeer.
Paulus is in 1992 tot priester gewy en was deken van die instituut vir teologie van 1994 tot 2000, toe hy verkies is tot metropolitaan van Aleppo. Sy broer is Johannes X van Antiogië, die huidige patriarg van die Grieks-Ortodokse Kerk in Sirië.
In 2013 is Paulus en die Siries-Ortodokse aartsbiskop van Aleppo, Johanna Ibrahim, deur militante in die Siriese Burgeroorlog ontvoer; dit was ’n paar jaar lank onbekend wat van hulle geword het.News Regarding the April 2013 Abductions of Bishops in Syria. Die program Beloning vir Reg het $5 miljoen uitgeloof aan iemand met inligting oor die ISIS-netwerk wat verantwoordelik was vir die ontvoering van hulle en drie ander geestelikes, Maher Mahfouz, Michael Kayyal en Paolo Dall'Oglio. In Januarie 2020 het die Vatikaanstad se nuusagentskap, Agenzia Fides, berig oor ’n verslag deur Mansur Salib, wat in die berig beskryf word as ’n "Siriese burger in die Verenigde State", wat in ’n blog op Medium.com gepubliseer is. Daarin word beweer die twee biskoppe is in 2016 vermoor. Hulle haal aan uit
Galery
Sien ook Christendom in Sirië
Verwysings
Skakels
Kategorie:Oosters-Ortodokse Kerk Kategorie:Geboortes in 1959 Kategorie:Christendom in Sirië