thumb|Aartsbiskop Gregorios Johanna (links) van die Siries-Ortodokse Kerk van Aleppo in 2012 saam met die Oostenrykse politikus Reinhold Lopathka.
Johanna Ibrahim (Siries: يوحنا إبراهيم), ook bekend as Gregorios Johanna Ibrahim (gebore 18 Augustus 1948) is die Siries-Ortodokse aartsbiskop van Aleppo.
Lewe Ibrahim is in Qamishly, Sirië, gebore. Hy het van 1973 tot 1976 kerkstudies en kerkreg in Rome studeer. Hy het in 1973 ’n monnik geword, in 1976 ’n diaken en toe ’n priester en in 1979 ’n biskop. In 1988 het hy die uitgewery Al Raha Mardin in Aleppo gestig.
Ibrahim het verskeie grade behaal, onder meer ’n doktorsgraad van die Universiteit van Birmingham in Brittanje. Voordat hy ’n biskop in Sirië geword het, het hy posisies beklee in Irak, Swede, Nederland, België en Libanon. Hy was op die komitee van verskeie internasionale godsdiensrade.
In 2013 is Ibrahim en die Grieks-Ortodokse metropolitaan van Aleppo, Boulos Jazidji, deur militante in die Siriese Burgeroorlog ontvoer; dit was ’n paar jaar lank onbekend wat van hulle geword het.News Regarding the April 2013 Abductions of Bishops in Syria. Die program Beloning vir Reg het $5 miljoen uitgeloof aan iemand met inligting oor die ISIS-netwerk wat verantwoordelik was vir die ontvoering van hulle en drie ander geestelikes, Maher Mahfouz, Michael Kayyal en Paolo Dall'Oglio. In Januarie 2020 het die Vatikaanstad se nuusagentskap, Agenzia Fides, berig oor ’n verslag deur Mansur Salib, wat in die berig beskryf word as ’n "Siriese burger in die Verenigde State", wat in ’n blog op Medium.com gepubliseer is. Daarin word beweer die twee biskoppe is in 2016 vermoor. Hulle haal aan uit
Sien ook Christendom in Sirië
Verwysings
Skakels
Kategorie:Christendom in Sirië Kategorie:Geboortes in 1948