220px Saltimbocca

Tradisionele vleisgereg uit Rome

Tradisionele bereiding

200px

Met prosciutto en salie

Bypassende wyn

Chianti Classico (rooi)of Catarratto (wit) Saltimbocca [ˌsaltimˈbokka] ('n verkorting van saltare in bocca - "dit spring in die mond" in Italiaans) is 'n gewilde Italiaanse vleisgereg wat van dun skyfies kalfsvleis berei word. Die vleis word met prosciutto (ham) en salie opgerol en, afhangende van die streekstradisie of persoonlike smaak, in wyn, olie of soutwater gemarineer. duimnael|links|Vir saltimbocca alla romana kan die vleis opgerol of alternatief plat gebraai word. 'n Prosciutto-skyf en 'n salieblaar word met 'n tandestokkie daarop vasgemaak duimnael|links|Saltimbocca alla romana klaar om bedien te word Die gereg het sy oorsprong in Rome en die omliggende streek Lazio waar dit as saltimbocca alla romana bekend staan. Vir die Romeinse variant word die vleis opgerol en saam met prosciutto en salie in droë wyn (byvoorbeeld Marsala) en botter gebraai. Saltimbocca word saam met suurlemoenskyfies en volgens smaak - vars brood (baguette of stokbrood), aartappels, polenta, rys, gebraaide groente of slaai bedien.

Eksterne skakels Resepte

Saltimbocca alla romana - the original recipe Jamie Oliver: Saltimbocca alla Romana Meri in cucina: Saltimbocca Alla Romana Per “L’Italia Nel Piatto” Oorsprong en geskiedenis

Agrodolce.it: Saltimbocca: la storia e le origini di un secondo romano tra i più amati

Kategorie:Italiaanse kookkuns