17 Januarie is die sewentiende dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 348 dae in die res van die jaar (349 in skrikkeljare).
Gebeure 1566 – Pous Pius V word gekroon deur kardinaal Giulio Feltrio della Rovere. 1735 – Pous Clemens XII stel Giuseppe Spinelli, aartsbiskop van Napels aan as kardinaal. 1800 – Opstand van rojaliste in La Vendée, Frankryk. 1803 – Pous Pius VII stel sewe nuwe kardinale aan waaronder Jean-de-Dieu-Raymond de Boisgelin de Cucé, aartsbiskop van Tours, Frankryk. 1840 – Die Republiek van die Rio Grande verklaar onafhanklikheid van Meksiko. 1852 – Die Sandrivierkonvensie, waarvolgens Brittanje alle aansprake op mag anderkant die Vaalriver prysgee, word geteken. 1904 – Die laerliggende dele van Bloemfontein word na 'n hewige donderbui deur die Bloemspruit oorstroom. Sestig mense sterf en honderde is dakloos gelaat. 1934 – Jacobus Jonker, ’n delwer op die plaas Elandsfontein naby Pretoria, vind die vierde grootste diamant tot nog toe (ongeslyp 726 karaat), die Jonker-diamant. 1946 – Die Sekuriteitsraad van die Verenigde Nasies vergader vir die eerste keer in Church House in Londen. 1961 – Patrice Lumumba, die voormalige premier van die Demokratiese Republiek van die Kongo, sterf in 'n sluipmoordaanval in Katanga. 1991 – Irak: Operasie Desert Storm begin. 1994 – Die Northridge-aardbewing skud die Amerikaanse stad Los Angeles, Kalifornië op Martin-Luther-King-dag. 1995 – Groot Hansjin-aardbewing: 'n Aardbewing wat 7,2 op die Richterskaal registreer, vind naby Kobe, Japan, plaas met meer as 6 000 dood en meer as $100 miljard se skade aan eiendom. 2002 – Demokratiese Republiek van die Kongo: Die vulkaan Nyiragongo kom tot uitbarsting.
Geboortes 1463 – Frederik III van Sakse, Keurvors van Sakse († 1525). 1504 – Antonio Ghislieri (later Pous Pius V) († 1572). 1600 – Pedro Calderón de la Barca, Spaanse dramaturg († 1681). 1637 – Robert Fludd, Britse-natuurkundige, astroloog en mistikus († 1637). 1706 – Benjamin Franklin, Amerikaanse politikus en wetenskaplike († 1790). 1820 – Anne Brontë, Engelse skryfster (* 1849). 1835 – Jan Ferguut, Vlaamse digter en skrywer († 1902). 1895 – Henning Klopper, Suid-Afrikaanse taalstryder († 1985). 1899 – Al Capone, Amerika se bekendste Chicago-gangster († 1947). 1922 – Betty White, Amerikaanse aktrise en sangeres († 2021). 1923 – Hannah Botha, Afrikaanse aktrise († 2007). 1927 – Solly Ozrovech, predikant en skrywer van Christelike boeke († 2015). 1927 – Eartha Kitt, Amerikaanse sangeres, danseres en aktrise († 2008). 1931 – James Earl Jones, Amerikaanse akteur († 2024). 1933 – Dalida, Franse sangeres en aktrise († 1987). 1940 – Tabaré Vázquez, Uruguaanse politikus en staatsman, president van Uruguay († 2020). 1942 – Muhammad Ali, voormalige Amerikaanse bokser en swaargewigwêreldkampioen († 2016). 1957 – Susanna Hoffs, Amerikaanse sangeres (The Bangles). 1962 – Jim Carrey, Amerikaanse akteur. 1964 – Michelle Obama, voormalige Amerikaanse presidentsvrou. 1968 – Ilja Leonard Pfeijffer, Nederlandse digter, romansier, polemikus en klassikus. 1978 – Mandoza, Suid-Afrikaanse kwaito-musikant († 2016). 1986 – Max Adler, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
Sterftes 395 – Theodosius I, keiser van die Romeinse Ryk (* 347). 1598 – Fjodor I van Rusland, tsaar van Rusland (* 1557). 1751 – Tomaso Albinoni, Venesiese komponis (* 1671). 1893 – Rutherford B. Hayes, Amerikaanse staatsman, president van die Verenigde State (* 1822). 1900 – Ds. Philip Snyman, predikant in twee gemeentes van die Gereformeerde Kerk (* 1859). 1931 – Groothertog Pieter Nikolajewitsj van Rusland, seun van groothertog Nikolaas Nikolajewitsj van Rusland (* 1864). 1942 – Walter von Reichenau, veldmaarskalk in die Duitse Leër (* 1884). 1961 – Patrice Lumumba, Kongolese staatsman, premier van die Demokratiese Republiek van die Kongo (* 1925). 1962 – Gerrit Achterberg, Nederlandse digter (* 1905). 1997 – Clyde Tombaugh, Amerikaanse sterrekundige wat Pluto ontdek het (* 1906). 1991 – Olaf V van Noorweë (* 1903). 2005 – Virginia Mayo, Amerikaanse aktrise (* 1920). 2005 – Zhao Ziyang, Chinese politikus, premier van die Volksrepubliek China (* 1919). 2008 – Bobby Fischer, Amerikaanse skaakspeler (* 1943). 2012 – Johnny Otis, Amerikaanse sanger en liedjieskrywer (* 1921). 2018 – Roy Bennett, Zimbabwiese politikus (* 1957). 2023 – Sandra Seacat, Amerikaanse aktrise en leermeesteres (* 1936).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
Kategorie:Januarie