20 Januarie is die twintigste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 345 dae in die res van die jaar (346 in skrikkeljare).

Gebeure 1045 – Pous Silvester III volg Pous Benedictus IX op. 1265 – Byeengeroep deur Simon de Montfort, vergader die Engelse Parlement vir die eerste keer in die Westminsterpaleis. 1320 – Nadat hy Pole herverenig het word Wladislaus die Korte in Kraków as Poolse koning gekroon. 1727 – Prospero Lorenzo Lambertini (later Pous Benedictus XIV) word aartsbiskop van Ancona. 1730 – Pous Benedictus XIII verklaar Peter Fourier salig. 1834 – Pous Gregorius XVI stel Giacomo Luigi Brignole, titulêr aartsbiskop van Nazianzo en Nicola Grimaldi, goewerneur van Rome aan as kardinale. 1885 – LaMarcus Adna Thompson patenteer die wipwa (roller coaster). 1942 – Nazis by die Wannseekongres in Berlyn besluit op die Eindoplossing tot die Joodse vraagstuk wat uiteindeik lei tot die Joodse volksmoord. 2016 – Konstantin Batygin en Michael Brown, wetenskaplikes aan die Caltech Universiteit, kondig die ontdekking van Planeet nege aan.

Geboortes 1654 – Michiel de Swaen, Nederlandse snydokter († 1707). 1741 – Carolus Linnaeus, Sweedse plantkundige en bioloog († 1783). 1775 – André-Marie Ampère, Franse fisikus († 1836). 1812 – Adrian Roux, tweede leraar van die NG Kerk wat in Suid-Afrika georden is († 1884). 1831 – Piet Joubert, Boerekryger († 1900). 1855 – Ernest Chausson, Franse Romantiese komponis († 1899). 1894 – Walter Piston, Amerikaanse komponis († 1976). 1927 – Helen Elliot, Skotse tafeltennisspeler († 2013). 1928 – Antonio de Almeida, Franse dirigent en musikoloog († 1997). 1930 – Buzz Aldrin, Amerikaanse ruimtevaarder. 1934 – Hennie Aucamp, Afrikaanse skrywer († 2014). 1945 – Jan Boland Coetzee, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en wynmaker († 2025). 1946 – David Lynch, Amerikaanse regisseur († 2025). 1953 – Jeffrey Epstein, Amerikaanse finansier en seksuele misdadiger († 2019). 1956 – Bill Maher, Amerikaanse akteur. 1961 – Elzabé Zietsman, Suid-Afrikaanse kabaretster. 1963 – Kris van Steenberge, Vlaamse skrywer. 1963 – David Baszucki, Amerikaanse entrepreneur, ingenieur en uitvinder. 1965 – Sophie, Gravin van Wessex, vrou van prins Edward van die Verenigde Koninkryk. 1972 – Nikki Haley, Amerikaanse politikus. 1975 – Zac Goldsmith, konserwatiewe Britse politikus. 1977 – Paul Adams, Suid-Afrikaanse krieketspeler. 1991 – Jolyon Palmer, Kanadese Formule Een-renjaer.

Sterftes 250 – Pous Fabianus, die 20ste pous (* 200). 842 – Keiser Theophilus van Bisantium (* 813). 1639 – Mustafa I, sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1591 of 1592). 1859 – Bettina von Arnim, Duitse skryfster van die Romantiek (* 1785). 1891 – Kalãkaua, Hawaiise monarg (* 1836). 1896 – Prins Hendrik van Battenberg, morganatiese afstammeling van die Huis van Hesse (* 1858). 1936 – George V, koning van Groot-Brittanje (* 1865). 1943 – Ambrose Lomax, Suid-Afrikaanse apteker en fotograaf (* 1867). 1973 – Amílcar Cabral, 'n Kaapse Verdiese landboukundige, skrywer en politikus. (* 1924). 1984 – Johnny Weismuller, Amerikaanse swemmer en akteur - bekend vir sy rol as Tarzan (* 1904). 1990 – Barbara Stanwyck, Amerikaanse aktrise (* 1907). 1993 – Audrey Hepburn, Britse aktrise (* 1929). 2011 – Sexy Cora, Duitse pornografiese aktrise (* 1987). 2014 – Claudio Abbado, Italiaanse dirigent (* 1933). 2017 – Robert Anker, Nederlandse skrywer en digter (* 1946). 2018 – Paul Bocuse, Franse sjef, gastronoom en skrywer van kookboeke (* 1926). 2020 – Bicks Ndoni, Suid-Afrikaanse ANC-politikus en voormalige burgemeester van Uitenhage (* 1958). 2025 – Edward George Hudson Oliver, Suid-Afrikaanse plantkundige en skrywer(* 1938).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Feesdag van Pous Donus in die Rooms-Katolieke Kerk.

Kategorie:Januarie