21 Januarie is die 21ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 344 dae in die res van die jaar (345 in skrikkeljare).
Gebeure 304 – Dertienjarige Sint Agnes, die beskermheilige van jong meisies, word tereggestel vir die weiering van ’n huweliksaanbod. 1224 – Pous Honorius III verklaar William, ab van Roschild in Denemarke heilig. 1276 – Pous Innocentius V volg Pous Gregorius X op. 1506 – Pous Julius II stig die Switserse Wag. 1793 – Franse Rewolusie: Nadat hy deur die nasionale Konvensie aan verraad skuldig bevind is, word Koning Lodewyk XVI per guillotine voor ’n toejuigende skare tereggestel. 1954 – Die eerste kernaangedrewe duikboot, die USS Nautilus, word te water gelaat in Amerika. 1960 – Die Coalbrook-ramp: 435 mense sterf in die steenkoolmyn by Sasolburg. 1962 – Tyler Cowen, Amerikaanse ekonoom, rubriekskrywer en blogger. 1969 – Suid-Afrika teken ’n verdrag met Portugal, wat namens Angola optree, oor die eerste fase ontwikkeling van die waterhulpbronne van Kuneneriviervallei. 1976 – Die Concorde begin kommersiële vlugte na Londen, Parys, Bahrein, en Rio de Janeiro.
Geboortes
1657 – Francesco Cupani, Italiaanse natuurkundige wat hoofsaaklik belanggestel het in plantkunde († 1710). 1738 – Ethan Allen, Amerikaner wat gedurende die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog as patriot, oorlogsheld en politikus bekendheid verwerf († 1789). 1854 – Petrus Postma, Suid-Afrikaanse predikant en Christelike onderwysaktivis († 1919). 1918 – Guy Butler, Suid-Afrikaanse digter, dramaturg en akademikus († 2001). 1922 – Paul Scofield, Britse akteur († 2008). 1924 – Telly Savalas, Amerikaanse akteur († 1994). 1924 – Benny Hill, Britse akteur en sanger († 1992). 1926 – Steve Reeves, Amerikaanse akteur († 2000). 1927 – Johan de Ridder, Suid-Afrikaanse argitek, ontwerper van vele geboue († 2013). 1829 – Oscar II van Swede, koning van Swede (1872 tot 1907) en koning van Noorweë (1872 tot 1905) († 1907). 1930 – Günter Lamprecht, Duitse akteur en skrywer († 2022). 1930 – Nadezhda Sergeevna Kalugina, Russiese entomoloog († 1990). 1935 – Raye Montague, Amerikaanse vlootingenieur († 2018). 1940 – Sarah du Pisanie, Afrikaanse skrywer van liefdesromans. 1941 – Plácido Domingo, Spaanse tenoor en dirigent. 1953 – Paul Allen, Amerikaanse sakeman en medestigter van Microsoft († 2018). 1956 – Robby Benson, Amerikaanse akteur. 1956 – Geena Davis, Amerikaanse aktrise. 1957 – Stanley Mathabatha, ANC-politikus en premier van Limpopo. 1962 – Jennifer van den Heever, Namibiese politikus. 1968 – Charlotte Ross, Amerikaanse aktrise. 1969 – Karina Lombard, Amerikaanse aktrise, komponis en vervaardiger. 1976 – Emma Bunton, Engelse sangeres (Spice Girls). 1982 – Xu Jie, Chinees-Poolse tafeltennisspeler. 1986 – Sushant Singh Rajput, Indiese akteur en model († 2020).
Sterftes
1059 – Migael I van Konstantinopel, Ekumeniese Patriarg van Konstantinopel (* 1000). 1118 – Pous Paschalis II, die 160ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1055). 1793 – Lodewyk XVI van Frankryk, koning van Frankryk tydens die Franse Rewolusie (* 1754). 1795 – Samuel Wallis, Engelse seevaarder wat om die wêreld geseil het (* 1728). 1831 – Achim von Arnim, Duitse Romantiese digter en romansier (* 1781). 1874 – Anton Bergmann, skrywer en Vlaamse aktivis (* 1835). 1892 – John Couch Adams, Britse wiskundige en sterrekundige (* 1819). 1899 – Katsu Kaishū, Japannese staatsman, vlootingenieur en militêre bevelvoerder (* 1823). 1901 – Elisha Gray, Amerikaanse elektriese ingenieur (* 1835). 1924 [O.S. 10 April] – Wladimir Lenin, Russiese kommunis en politikus (* 1870). 1927 – Charles Warren, Walliese en Britse kryger (* 1840). 1938 – Georges Méliès, Franse filmpionier, filmregisseur, teatertowenaar en akteur (* 1861). 1940 – Johannes Hendrik Conradie, derde administrateur van die Kaapland na Uniewording (* 1872). 1950 – George Orwell, Britse skrywer (* 1903). 1975 – Pieter van der Byl, Suid-Afrikaanse politikus (* 1889). 1997 – Jaco Reinach, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en atleet (* 1962). 2002 – Peggy Lee, Amerikaanse aktrise (* 1920). 2015 – Patricia Berjak, Suid-Afrikaanse plantkundige (* 1939). 2021 – Jackson Mthembu, lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika (* 1958). 2021 – Randy Parton, Amerikaanse akteur (* 1953). 2022 – Louie Anderson, Amerikaanse akteur (* 1953). 2022 – Thomas Deacon, Afrikaanse digter en skrywer (* 1942).
Kategorie:Januarie