19 Januarie is die negentiende dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 346 dae in die res van die jaar (347 in skrikkeljare).

Gebeure

973 – Pous Benedictus VI volg Pous Johannes XIII op. 1145 – Pous Lucius II gee die St. Sabas klooster aan die monnike van Cluny. 1217 – Pous Honorius III vra William, hertog van Pembroke, om oorlog te verklaar teen die opstandige baronne van die jong koning Hendrik III van Engeland. 1329 – Teenpous Nicolaas V stel Giovanni Visconti, ab van S. Ambrogio in Milaan, aan as kardinaal. 1419 – Tydens die Honderdjarige Oorlog tussen Engeland en Frankryk word Rouen deur die Engelse koning Hendrik V ingeneem en Normandië by Engeland ingelyf. 1626 – Pous Urbanus VIII stel vyftien nuwe kardinale aan, waaronder Berlinghiero Gessi, biskop van Rimini. 1626 – Giovanni Battista Pamphilj (later Pous Innocentius X) word titulêr patriarg van Antiogië. 1809 – Edgar Allan Poe, Amerikaanse skrywer. 1839 – Die Royal Marines land by Aden om seerowers te verhoed om Britse skepe na en van Indië aan te val. Aden sou tot in 1967 onder Britse beheer bly. 1846 – Pous Gregorius XVI stel drie nuwe kardinale aan, waaronder Guilherme Henriques de Carvalho, patriarg van Lissabon. 1937 – Howard Hughes stel 'n nuwe rekord op deur in 7 uur, 28 minute en 25 sekondes van Los Angeles na New York te vlieg. 1958 – Hannes la Grange is die eerste Suid-Afrikaner wat die Suidpool bereik. 1977 – Die Verenigde Party skors ses Volksraadslede, wat die Onafhanklike Verenigde Party (later die Suid-Afrikaanse Party) stig. 1983 – Apple Computer stel die Apple Lisa vry, hulle eerste kommersiële persoonlike rekenaar met 'n grafiese koppelvlak en 'n rekenaarmuis. Dit het 1 Megagreep RAM gehad en $9 995 gekos. 1984 – Die Standerbende beroof drie banke in minder as ’n uur in Johannesburg se middestad. 1990 – Die polisie verjaag betogers teen die Engelse rebelle-krieketspan van Mike Gatting op die lughawe Jan Smuts. 1996 – CAF se 1996 Afrika-Sokker-kampioenskappe skop af in Johannesburg, Suid-Afrika. 1999 – Die polisie arresteer Suid-Afrika se mees gesoekte misdadiger, Colin Chauke, in Nelspruit. 2006 – Die New Horizons ruimtetuig word lanseer om foto's van Pluto en die Kuiper-gordel te neem.

Geboortes

840 – Michael III, keiser van die Bisantynse Ryk († 867). 1736 – James Watt, Skotse uitvinder en meganiese ingenieur († 1819). 1839 – Paul Cézanne, Franse kunstenaar en postimpressionistiese skilder († 1906). 1868 – Gustav Meyrink, Oostenrykse skrywer († 1921). 1869 – Henri van Dievoet, Belgiese argitek († 1931). 1896 – Frans Erasmus, Suid-Afrikaanse politikus († 1967). 1905 – Ben Schoeman, Suid-Afrikaanse kabinetsminister († 1986). 1920 – Javier Pérez de Cuéllar, 'n Peruviaanse diplomaat en politikus († 2020). 1920 – Johnny Haymer, Amerikaanse akteur († 1989). 1921 – Patricia Highsmith, Amerikaanse skryfster († 1995). 1923 – Bob McFadden, Amerikaanse akteur († 2000). 1937 – Joseph Nye, Amerikaanse politieke wetenskaplike. 1940 – Barend du Plessis, Suid-Afrikaanse politikus. 1943 – Bertie Reed, Suid-Afrikaanse seiljagvaarder († 2006). 1946 – Dolly Parton, Amerikaanse countrysangeres († 2026). 1961 – Soli Philander, Suid-Afrikaanse akteur, komediant, regisseur en televisie-aanbieder († 2026). 1965 – JB Pritzker, Amerikaanse sakeman en politikus. 1967 – Javier Cámara, Spaanse akteur. 1977 – Nicole, Chileense sangeres. 1978 – Rolanda Marais, Suid-Afrikaanse aktrise. 1980 – Jenson Button, Britse Formule Een-renjaer, wêreldkampioen in 2009.

Sterftes 1405 – Timoer, Turks-Mongoolse krygsheer en die stigter van die Timoeridiese Ryk (* 1336). 1626 – Ruqaiya Sultan Begum, keiserin van die Mogolryk (* 1542). 1710 – Francesco Cupani, Italiaanse natuurkundige en plantkundige (* 1657). 1763 – Jan de Marre, Nederlandse skrywer (* 1696). 1865 – Pierre-Joseph Proudhon, Franse ekonoom, sosioloog, filosoof wat beskou word as een van die eerste anargistiese denkers (* 1809). 1948 – Henri Georges Fourcade, Suid-Afrikaanse landmeter, bosbouer en plantkundige (* 1865). 1988 – Jevgeni Mrawinski, Russiese dirigent (* 1903). 1996 – Don Simpson, Amerikaanse rolprentvervaardiger, akteur en skrywer (* 1943). 2000 – Hedy Lamarr, Amerikaanse aktrise en uitvinder (* 1914). 2019 – Marian Tredoux, Suid-Afrikaanse geoloog (* 1952). 2021 – Margot Luyt, Suid-Afrikaanse dramaregisseur en radio-omroeper. 2022 – Gaspard Ulliel, Franse rolprentakteur (* 1984).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae

Kategorie:Januarie