16 Januarie is die sestiende dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 349 dae in die res van die jaar (350 in skrikkeljare).

Gebeure

152 – Pous Keladionus van Alexandrië volg Markianus as Patriarg van die Kerk in Alexandrië op. 1239 – Gui Faucoi (later Pous Clemens IV) trou met Margueritte, dogter van Jacques en Cécile du Sault. 1495 – Pous Alexander VI stel Guillaume Briçonnet, biskop van Sint Malo, Frankryk aan as kardinaal. 1547 – Iwan die Verskriklike word gekroon tot tsaar van Rusland. 1605 – Boek Een van Don Quixote, El ingenioso hidalgo Don Quixote de la Mancha, deur Miguel de Cervantes word vir die eerste keer in Madrid, Spanje, uitgegee. 1673 – Pous Clemens X stel Felice Rospigliosi aan as kardinaal. 1917 – Eerste Wêreldoorlog: Die Zimmermann-telegram word gestuur. 1971 – Die eerste Kaap na Rio-seiljagwedvaart begin in Tafelbaai. 1989 – Die ANC-lede Ebrahim Ebrahim en Mandla Maseko word gevonnis op aanklag van hoogverraad. 2006 – Ellen Johnson-Sirleaf word ingehuldig as president van Liberië.

Geboortes

1728 – Niccolò Piccinni, Italiaanse komponis († 1800). 1812 – Johan Arnold Smellekamp, Nederlandse handelsreisiger († 1866). 1828 – J.W. van der Rijst, skrywer van die eerste handleiding vir Afrikaanse spraakkuns († 1904). 1909 – Mornay du Plessis, Suid-Afrikaanse komponis, pianis en skilder († 1941). 1926 – Salty du Rand, Suid-Afrika se vyf-en-twintigste Springbokkaptein († 1979). 1928 – Pilar Lorengar, Spaanse sopraan-operasanger († 1996). 1929 – Dirk Mudge, Namibiese boer en politikus († 2020). 1931 – Johannes Rau, president van Duitsland vanaf Julie 1999 tot 2004 († 2006). 1933 – Susan Sontag, Amerikaanse skrywer en rolprentregiseur († 2004). 1951 – Wynand Claassen, Suid-Afrika se agt-en-dertigste Springbokkaptein. 2000 – Nadine de Klerk, Suid-Afrikaanse vrouekrieketspeler.

Sterftes

309 – Pous Marcellus I, 30ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1794 – Edward Gibbon, Engelse historikus (* 1737). 1891 – Léo Delibes, Franse komponis (* 1836). 1903 – Julius Vuylsteke, Vlaamse politikus en skrywer (* 1836). 1942 – Sir James Rose-Innes, Hoofregter van die Republiek van Suid-Afrika (* 1855). 1942 – Carole Lombard, Amerikaanse aktrise, sterf in vliegramp (* 1908). 1957 – Arturo Toscanini, Italiaanse dirigent (* 1867). 1957 – Alexander Cambridge, Britse politikus, vierde Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1924–1930) (* 1874). 1966 – Courtney Hodges, Amerikaanse generaal tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1887). 1981 – Shingwedzi, groottandolifant wat in die Krugerwildtuin geleef het (* 1934). 1993 – Florence Desmond, Amerikaanse aktrise (* 1905). 2017 – Eugene Cernan, Amerikaanse ruimtevaarder, laaste persoon op die Maan (* 1934). 2021 – Phil Spector, Amerikaanse musiekprodusent (* 1939). 2022 – Ibrahim Boubacar Keïta, politikus en president van Mali (* 1945). 2023 – Gina Lollobrigida, Italiaanse aktrise en fotojoernalis (* 1927). 2025 – Joan Plowright, 'n Engelse aktrise (* 1929).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Feesdag van Pous Marcellus I in die Rooms-Katolieke Kerk.

Kategorie:Januarie