Gerrit Kouwenaar (9 Augustus 1923 – 4 September 2014) was 'n Nederlandse skrywer, digter, joernalis en vertaler. Sy werk is die eerste keer in 1941 gepubliseer. Hy was 'n lid van die Nederlandse Vijftigers.

Lewensloop Kouwenaar is gebore in Amsterdam, Noord-Holland. Hy was gedurende die Tweede Wêreldoorlog 'n versetsvegter. Die skilder en digter David Kouwenaar (1921–2011) was sy ouer broer. Kouwenaar het vir tydskrifte soos Vrij Nederland, De Waarheid, en Het Vrije Volk gewerk. Gedurende die middel van die 1940's het hy vir die onwettig koerant Parade der Profeten gewerk. Hy is hiervoor gearresteer en gevonnis tot een en 'n half jaar gevangenisstraf. In 1967 is Kouwenaar bekroon met die Martinus Nijhoff-prys vir sy vertaalwerk. In 1970 het hy die P.C. Hooft-prys ontvang. Kouwenaar het later in 1989 die Prijs der Nederlandse Letteren gewen. In 2009 het Kouwenaar die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde se jaarlikse eerbewys ontvang. Sy laaste gepubliseerde werk is op 9 Augustus 2008 op sy vyf-en-tagtigste verjaardag gepubliseer.

Kouwenaar is op 4 September 2014 in Amsterdam op 91-jarige ouderdom oorlede.

Pryse 1958 - Poësieprys van die munisipaliteit van Amsterdam vir De mensen zijn geen goden 1961 - Poësieprys van die munisipaliteit van Amsterdam vir Zou een hand 1962 - Jan Campert-prys vir De stem op de 3e etage 1963 - Poësieprys van die munisipaliteit van Amsterdam vir Zonder namen 1967 - Henriette Roland Holst-prys vir sy gehele oeuvre 1967 - Martinus Nijhoff-prys vir sy toneelvertalings 1970 - P.C. Hooft-prys vir sy gehele oeuvre 1989 - Prijs der Nederlandse Letteren vir sy gehele oeuvre 1997 - VSB Poësieprijs vir De tijd staat open 2004 - Karel van de Woestijne-prys vir Totaal witte kamer 2005 - KANTL-prys vir poësie vir Totaal witte kamer 2009 - Prijs voor Meesterschap van die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde

Bibliografie duimnael|Stenen gedicht op 'n muur in Almelo 1941 - Vroege voorjaarsdag 1946 - Uren en sigaretten (twee novelle) 1949 - Goede morgen haan (gedigte met tekeninge deur Constant Nieuwenhuijs) 1950 - Negentien-nu (roman) 1951 - Ik was geen soldaat (roman) 1953 - Achter een woord (gedigte) 1955 - Vijf 5-tigers (bloemlesing) 1956 - Hand o.a. (gedigte) 1956 - Val, bom (prosa) (hersiene weergawe in 1963) 1957 - De ondoordringbare landkaart 1958 - Het gebruik van woorden 1960 - De stem op de 3e etage (gedigte) 1960 - Gedichten 1960 (gedigte) 1961 - Weg verdwenen (gedigte) 1962 - Zonder kleuren (gedigte) 1962 - Zonder namen (gedigte) (hersiene weergawe in 1965) 1964 - Sinaia (gedigte) 1964 - St. Helena komt later 1965 - Autopsie/anoniem (gedigte) 1969 - Honderd gedichten (gedigte) 1971 - Data/decors (gedigte) 1974 - Landschappen en andere gebeurtenissen (gedigte) 1978 - Volledig volmaakte oneetbare perzik (gedigte) 1980 - Mijn ervaring met kleine kinderen 1982 - Gedichten 1948-1978 (gedigte) 1982 - Het blindst van de vlek 1987 - Het ogenblik: terwijl 1989 - Een eter in het najaar ('n Keuse uit sy eie werk) 1991 - Een geur van verbrande veren 1993 - Er is geen elders waar het anders is 1996 - De tijd staat open 1998 - Een glas om te breken 1998 - Helder maar grijzer 2002 - Totaal witte kamer 2005 - Het bezit van een ruïne 2008 - Vallende stilte ('n Keuse uit sy eie werk) 2014 - Mijn dood

Bronne Franssen, Gaston (2008). Gerrit Kouwenaar en de politiek van het lezen. Vantilt, Nijmegen. . Ook verskyn as proefskrif Utrecht. Sötemann, A.L. (1998). Verzen als leeftocht: over Gerrit Kouwenaar. Historische Uitgeverij, Groningen. . Kusters, Wiel (1986). De killer: over poëzie en poëtica van Gerrit Kouwenaar. Querido, Amsterdam. en (geb.). Ook verskyn as proefskrif (Utrecht, 1986).

Verwysings

Eksterne skakels

Gerrit Kouwenaar by die Digitale Biblioteek vir Nederlandse Letterkunde

Kategorie:Geboortes in 1923 Kategorie:Sterftes in 2014 Kategorie:Nederlandse digters Kategorie:Nederlandse skrywers