Hendrik Jan Marsman (14 Januarie 1937 - 29 Oktober 2012), beter bekend onder sy skuilnaam, J. Bernlef, was 'n Nederlandse skrywer, digter, romansier en vertaler wie se werk meestal fokus op die geestelike persepsie van die werklikheid en die uitdrukking daarvan. Hy het talle literêre pryse verower, waaronder die Constantijn Huygens-prys in 1984 en die P. C. Hooft-prys in 1994, wat albei vir sy gehele oeuvre was. Sy Hersenschimmen het op die lys van NRC se beste Nederlandse romans verskyn.
Lewe Marsman is op 14 Januarie 1937 in Sint Pancras gebore, en het vir verskeie jare in verskillende genres onder 'n aantal verskillende skuilname gewerk, waaronder Ronnie Appelman, J. Grauw, Cas den Haan, S. den Haan en Cas de Vries. Daar was reeds 'n bekende Nederlandse digter genaamd Hendrik Marsman wat in 1940 oorlede is; daarom het Marsman verkies om die naam van 'n 8ste eeuse blinde Friese digter met die naam van Bernlef aan te neem as sy mees gebruiklike nom de plume.
1958 was 'n belangrike jaar in Bernlef se lewe. Hy het in die jaar tyd in Swede deurgebring wat hom jare later in staat gestel het om die werk van Sweedse skrywers te vertaal; hy was ook mede-redakteur van die Engelstalige A pulp magazine for the dead generation (onder die naam Henk Marsman) saam met die "Beat"-digter Gregory Corso, wat in Parys deur Piero Heliczer se The Dead Language Press uitgegee is. Nederlandse Nasionale Biblioteek Saam met twee ander digters, K . Schippers en G. Brands, het hy die Dadaïstiese-uitstalling in die Stedelijk Museum besoek en, geïnspireer daardeur, die tydskrif Barbarber (1958-71) saam met hulle gestig. http://www.literaturfestival.com/archive/participants/authors/2004/bernlef?set_language=en
In 1960 is sy eerste digbundel, Kokkels, met die Reina Prinsen Geerligs-prys bekroon. In daardie jaar het hy met Eva Hoornik, die dogter van die digter Ed. Hoornik, getrou, by wie hy uiteindelik twee kinders gehad het. Dieselfde tyd het sy vriend Schippers met haar tweelingsuster Erica getrou. Later het hy romans begin skryf en bekend geword vir sy Hersenschimmen (vertaal as Out of Mind in Engels) uit 1984. Hy was baie 'n vlytige werker en skrywer. [ http://www.bernlef.net Tuisblad van die outeur]
Bernlef is op 29 Oktober 2012 op 75-jarige ouderdom in sy huis in Amsterdam na 'n kort siekbed oorlede. 'n Huldeblyk aan Bernlef het hom as "een van die grotes van die Nederlandse literatuur" geprys.
In die laat tagtigerjare het hy oorgeneem as direkteur van die PEN-fonds, welke 'n reddingsboei vir skrywers en hul gesinne wie se lewens deur tronkstraf, dreigemente, marteling en sensuur verwoes is verskaf het, en onvermoeid gewerk vir hul verligting. [http: //www.pen-international.org/newsitems/in-memoriam-henk-bernlef-14-january-1937-29-october-2012/#sthash.lt60cOah.dpuf PEN International]
Werk Barbarber, die tydskrif wat deur Bernlef en sy vriend in 1958 gestig is, is oorspronklik uitgegee in 'n uitgawe van 100 afskrifte en was gevul met Neo-Dadaïstiese gebare en beide verbale- en prentcollages. Een uitgawe het geheel en al uit stukkies muurpapier bestaan.Yann Lovelock, The Way Forward, Amsterdam 1984, p.85; daar is 'n foto hiervan by Catawiki Onder Bernlef se naam het 'n inkopielys gestaan,Theo Hermans, A Literary History of the Low Countries, Camden House 2009, p.604 terwyl 'n ander teks getiteld “Deur” alleenlik bestaan het uit die woorde “Stoot/Trek”.Aart van Zoest, “Abduction in Poetry” , 2001 In hul studie getiteld Een cheque voor de tandarts (1967), maak Bernlef en Schippers melding van Marcel Duchamp en Kurt Schwitters as die inspirasie van sulke eksperimente.Yves T’Sjoen, “J. Bernlef and American poetry: Poetic-strategic mentions of Marianne Moore. A case study”, Dutch Crossing 39.1 , 2015 Die benadering van beide skrywers het ingehou dat hulle ontwrigtende gebruike van alledaagse media voorgestel het ten einde die beskouing van realiteit uit te daag. Schippers se gedig “Legkaarte” bestaan uit 'n reeks voorstelle vir die maak van legkaarte, insluitende "Neem 'n voltooide legkaart af/ en maak 'n legkaart daarvan".Dutch Interior: postwar poetry of the Netherlands and Flanders, Columbia University 1984, pp.158-9 Op soortgelyke wyse fantaseer Bernlef se “Uncle Carl: a home movie” oor maniere om die film te speel sodat sy oom se dood negeer word.Dutch Interior, p.155
duimnael|upright=1.2|Die aanvang van 'n gedig van Bernlef oor Sint Ursulasteeg in Leiden Latere gedigte ondersoek probleme van persepsie en uitdrukking, en verwys dikwels na die opvoerings van jazzmusikante en kunstenaars. Een daarvan is uiteindelik aangebring as 'n muurskildery in 'n Leiden-woonstelblok.
Tulle, reed, paper, taffeta, gauze, bombazine but Leonardo’s wings didn’t fly.
Angels exist in poems or in paintings where motionless they are in motion.Vertaal deur Scott Rollins, Driftwood House p.36
Bernlef sou later verder uitwei oor temas soos dié in sy romans. Hersenschimmen (1984) het hom groot sukses besorg. Dit is wyd vertaal, Nederlandse Stigting vir Letterkunde en in 1987 verfilm en ook in 2006 as toneelstuk opgevoer. Dit is in Engels vertaal as “Out of Mind”, en bied 'n realistiese uitbeelding op die gees se verval in demensie vanuit die oogpunt van die lyer. Eclips (1993) vang die omgekeerde proses vas, soos wat die slagoffer van 'n ongeluk stadig terugkeer na normaal. Die twee romans word vergelyk deur Alexander Zweers in “The narrator’s position in selected novels by J.Bernlef”, The Canadian Journal of Netherlandic Studies 19.2, 1998, pp.35-40
Pryse en eerbewyse 1959: Reina Prinsen Geerligs-prys vir Kokkels 1962: Poësieprys van die regering van Oostenryk vir sy tweede bundel getiteld Morene 1964: Lucy B. en C.W. van der Hoogtprijs vir Dit verheugd verval 1964: Poësieprys van die regering van Amsterdam vir En dode hagedis 1977: Vijverbergprijs vir De man in het midden 1984: Constantijn Huygens-prys vir sy gehele oeuvre 1987: AKO Literatuurprys vir Publiek geheim 1989: Diepzee-prijs vir Hersenschimmen 1994: P. C. Hooft-prys vir sy gehele oeuvre
Vertalings van sy werk Hersenschimmen (1984), vertaal in Engels as Out of Mind (1988) deur Adrienne Dixon Publiek geheim (1987), vertaal in Engels as Public Secret (1992) deur Adrienne Dixon Driftwood House, 'n keur van sy gedigte soos vertaal in Engels deur Scott Rollins (1992) Eclips (1993), vertaal in Engels as Eclipse (1996) deur Paul Vincent
Verwysings
Bronne Nederlandse biografiese skets
Eksterne skakels
Bernlef, amptelike webwerf
Bibliography in Nederlands
Kategorie:Geboortes in 1937 Kategorie:Sterftes in 2012 Kategorie:Nederlandse digters Kategorie:Nederlandse skrywers