Daar is ook ’n kleinplaneet met die naam "666 Desdemona".

Desdemona is ’n binnemaan van Uranus. Dit is op 13 Januarie 1986 ontdek op foto's wat deur Voyager 2 geneem is en het die voorlopige naam S/1986 U 6 gekry. Dit is daarna genoem na Desdemona in William Shakespeare se toneelstuk Othello. Dit het ook die naam Uranus X.

Desdemona behoort tot die Portiagroep satelliete, wat ook Bianca, Perdita, Cressida, Juliet, Rosalind, Kupido, Belinda en Portia insluit. Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe. Buiten sy wentelbaan, radius van 32 km en geometriese albedo van 0,08 is feitlik niks oor Desdemona bekend nie.

Op die Voyager 2-foto's lyk Desdemona soos ’n lang voorwerp, waarvan die lengteas na Uranus wys. Die verhouding van die asse is 0,6 ± 0,3. Die oppervlak het ’n grys kleur.

Desdemona kan binne die volgende 100 miljoen jaar teen die naburige maan Cressida (of dalk Juliet) bots.

Sien ook Uranus se natuurlike satelliete

Notas

Verwysings

Skakels

Kategorie:Mane van Uranus