Daar is ook ’n asteroïde met die naam "763 Cupido".

Kupido is ’n binnemaan van Uranus. Dit is in 2003 deur Mark R. Showalter en Jack J. Lissauer ontdek deur middel van die Hubble-ruimteteleskoop. Dit is genoem na ’n karakter in William Shakespeare se toneelstuk Timon van Athene.

Dit is die kleinste van Uranus se binnemane en het maar ’n deursnee van rofweg 18 km. Weens sy grootte en dowwe oppervlak het Voyager 2 se kameras dit nie waargeneem tydens sy verbyvlug in 1986 nie.

Kupido behoort tot die Portiagroep satelliete, wat ook Bianca, Desdemona, Cressida, Juliet, Rosalind, Perdita, Belinda en Portia insluit. Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe. Kupido se wentelbaan verskil met met 863 km van dié van die groter Belinda.

Ná sy ontdekking het Kupido die voorlopige naam S/2003 U 2 gekry. Dis word ook Uranus XXVII genoem.

Kupido kan binne die volgende 10 miljoen tot 1 miljard jaar teen Belinda bots.

Sien ook Uranus se natuurlike satelliete

Verwysings

Skakels

Kategorie:Mane van Uranus