Belinda is ’n binnemaan van Uranus. Dit is op 13 Januarie 1986 ontdek op foto's wat deur Voyager 2 geneem is en het die voorlopige naam S/1986 U 5 gekry. Dit is daarna genoem na Belinda, die heldin in Alexander Pope se The Rape of the Lock. Dit het ook die naam Uranus XIV.

Belinda behoort tot die Portiagroep satelliete, wat ook Bianca, Desdemona, Cressida, Juliet, Rosalind, Kupido, Perdita en Portia insluit. Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe. Buiten sy wentelbaan, radius van 45 km en geometriese albedo van 0,08 is feitlik niks oor Belinda bekend nie.

Op die Voyager 2-foto's lyk Belinda soos ’n baie langwerpige voorwerp, waarvan die lengteas na Uranus wys. Die verhouding van die asse is 0,5 ± 0,1. Die oppervlak het ’n grys kleur. Belinda se wentelbaan verskil met met 863 km van dié van die kleiner Kupido.

Belinda kan binne die volgende 10 miljoen tot 1 miljard jaar teen Kupido bots.

Sien ook Uranus se natuurlike satelliete

Notas

Verwysings

Bronne

Skakels

Kategorie:Mane van Uranus