Die graskopaalwyn (Aloe alooides) is 'n aalwyn wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie is endemies in Mpumalanga, dit kom voor in 'n klein gebied op die Drakensbergeskarp tussen Pelgrimsrus en Waterval-Boven. Hier groei dit op dolomiet rante in vlak grond.
Die plant word tot 2m hoog. Die aalwyn word geklassifiseer as 'n boom en sy FSA-nommer is 28.3.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan die plant bekend as Graskop Aloe.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van aalwynspesies
Verwysings
Bronne REDLIST Sanbi Succulents Plants of the World Online
alooides Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika