David Clatworthy (11 Julie 1960 - 8 September 2020) was 'n bekroonde Suid-Afrikaanse akteur.

Hy voltooi sy skoolloopbaan aan Pretoria Boys High, en verwerf in 1983 'n diploma in spraak en drama aan die Universiteit van Kaapstad.

Hy was 'n bekende akteur met 'n Fleur du Cap-toekenning vir beste akteur in 'n ondersteunende rol vir Long day's journey into the night en vir sy rol as Eddie in Greek. Hy het ook in meer as 'n 100 radiodrama-episodes verskyn.https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/bekroonde-sa-akteur-sterf/ Geraadpleeg op 08/09/2020

Hy was ook in die rolprente District 9 (2009), Platteland (2011) en Mia and the white lion (2018) te sien.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1960 Kategorie:Sterftes in 2020 Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs