duimnael|upright=.9|Die wapenskild van Tennyson.Montague-Smith, P.W. (red.), Debrett's Peerage, Baronetage, Knightage and Companionage, Kelly's Directories Ltd, Kingston-upon-Thames, 1968, bl. 1091 Alfred Tennyson, 1ste Baron Tennyson (6 Augustus 1809 – 6 Oktober 1892), was 'n Britse digter. Hy was die Digter-laureaat van die Verenigde Koninkryk gedurende 'n aansienlike deel van Koningin Victoria se bewind, en is steeds een van die gewildste Britse digters. In 1829 is die goue medalje van die kanselier in Cambridge aan hom toegeken vir een van sy eerste stukke getiteld, "Timboektoe". Hy publiseer in 1830 sy eerste digbundel getiteld "Poems Chiefly Lyrical". "Claribel" en "Mariana", wat steeds van Tennyson se mees gevierde gedigte is, is in die bundel opgeneem. Alhoewel sy werk deur sommige kritici as té sentimenteel gesien is, het dit vinnig gewild geraak en die aandag getrek van bekende skrywers van sy dag, waaronder Samuel Taylor Coleridge. Tennyson se vroeë poësie, met sy middeleeuse en kragtige visuele beelding, het 'n groot invloed op die Broederskap van die Pre-Rafaëliete gehad.
Tennyson was ook vernuftig in die skryf van kort lirieke, soos "Break, Break, Break", "The Charge of the Light Brigade", "Tears, Idle Tears", en "Crossing the Bar". 'n Groot deel van sy verse is gebaseer op klassieke mitologiese temas, soos die Odussee, alhoewel "In Memoriam AHH" geskryf is om sy vriend Arthur Hallam, 'n tydgenoot en student aan Trinity College, Cambridge, te gedenk, nadat hy op 22-jarige ouderdom aan 'n beroerte oorlede is. Tennyson het ook ander noemenswaardige gedigte geskryf soos "Idylls of the King" en "Tithonus". Gedurende sy loopbaan het Tennyson drama probeer skryf, maar sy toneelstukke het weinig sukses behaal.
'n Aantal frases uit Tennyson se werk het 'n algemene plek in die Engelse taal verkry, insluitend "Nature, red in tooth and claw" (In Memoriam AHH), "'Tis better to have loved and lost / Than never to have loved at all", "Theirs not to reason why, / Theirs but to do and die", "My strength is as the strength of ten, / Because my heart is pure", "To strive, to seek, to find, and not to yield", "Knowledge comes, but Wisdom lingers", and "The old order changeth, yielding place to new". Hy is die negende mees aangehaalde skrywer in The Oxford Dictionary of Quotations.
Gedeeltelike lys van werke
Uit Poems, Chiefly Lyrical (1830): "Nothing Will Die" "All Things Will Die" "The Dying Swan" "The Kraken" "Mariana" "Lady Clara Vere de Vere" (1832) Uit Poems (1833): "The Lotos-Eaters" "The Lady of Shalott" (1832, 1842) "St. Simeon Stylites" (gedig, 1833) "Break, Break, Break" (1842) Uit Poems (1842): "Locksley Hall" "Vision of Sin"Vision of Sin "The Two Voices" (1834) "Ulysses" (1833) Uit The Princess; A Medley (1847) "The Princess" "Godiva" (gedig) "Now Sleeps the Crimson Petal" – dit verskyn later as 'n lied in die 2004 rolprent Vanity Fair, met 'n musikale rangskikking deur Mychael Danna "Tears, Idle Tears" "In Memoriam A.H.H." (1849) "Ring Out, Wild Bells" (1850) "The Eagle" (1851) "The Sister's Shame" Uit Maud; A Monodrama (1855/1856) "Maud" "The Charge of the Light Brigade" (1854) – 'n vroeë opname hiervan, voorgelees deur Tennyson, bestaan steeds "Idylls of the King" (1859–1885; geskryf 1833–1874) Uit Enoch Arden and Other Poems (1862/1864) "Enoch Arden" "Tithonus" "Flower in the Crannied Wall" (1869) The Window – liederesiklus saam met Arthur Sullivan (1871) Harold (1876) – na Koning Harold II van Engeland Montenegro (1877) The Revenge: A Ballad of the Fleet (1878) – oor die skip Revenge (1577) Becket (1884) Crossing the Bar (1889) The Foresters – 'n blyspel met insidentele musiek deur Arthur Sullivan (1891) Chiefess Kapiolani (Na sy dood gepubliseer deur Hallam Tennyson)
Verwysings
Bibliografie Alfred, Lord Tennyson (1989). Tennyson: A Selected Edition. Kalifornië: Universiteit van Kalifornië Drukkers (hardeband) of (sagteband) Geredigeer met 'n inleiding en notas deur Christopher Ricks. Seleksies uit die definitiewe uitgawe The Poems of Tennyson, met voordragte deur die Trinity MSS; lang werke soos Maud en In Memoriam A. H. H. is in die geheel daarvan gedruk.
Eksterne skakels
"Tennyson", 'n gedig deur Florence Earle Coates Tennyson se graf, Westminster Abbey Alfred Lord Tennyson: Profiel en Gedigte by Poets.org Gedigte deur Alfred Tennyson Tennyson indeksinskrywing by Poets' Corner Biografie en Werke (openbare domein) Aanlyn eksemplaar van Locksley Hall 'n Keur uit die gedigte van A. Tennyson The Twickenham Museum – Alfred Lord Tennyson in Twickenham Farringford Holiday Cottages and Restaurant, tuiste van Tennyson, Isle of Wight
Toonsettings van Alfred Tennyson se gedig in die Korale Openbare Domein-biblioteek The Louverture Project: Anacaona – gedig deur Alfred Tennyson – gedig oor die Taíno koningin 'n Keur uit sy werke by Poetry Index Sweet and Low Opname van Tennyson se voorlesing van "The Charge of the Light Brigade"
'n Beduidende versameling van Tennyson se werke word gehou by: Spesiale Versamelings en Argiewe, Cardiff-universiteit. Alfred, Lord Tennyson by die Britse Biblioteek Argivale materiaal by Tennyson se notaboeke in die versamelings van die Wren-biblioteek, ten volle gedigitiseer in die Cambridge Digitale-biblioteek Die Baron Alfred Tennyson digitale versameling by die Harry Ransom Sentrum aan die Universiteit van Texas, Austin. Alfred Tennyson Versameling. Algemene Versameling, Beinecke Rare Book and Manuscript Library, Yale-universiteit.
Kategorie:Britse digters Kategorie:Geboortes in 1809 Kategorie:Sterftes in 1892