Jan Hendrik Wolkers (26 Oktober 1925, Oegstgeest – 19 Oktober 2007, Westermient) was 'n Nederlandse skrywer, beeldhouer en skilder. Hy het bekendheid behaal met die romans Terug naar Oegstgeest (1965) en Turks fruit (1969). Hy het geweier om die Constantijn Huygens- (toegeken in 1982) en P.C. Hooftprys (1989) in ontvangs te neem.

In weerwil van sy bekendheid as skrywer het Wolkers volgehou dat hy homself in die eerste instansie as beeldhouer beskou.

Biografie duimnael|Sy geboortehuis te Deutzstraat 7, Oegstgeest Jeugjare Jan Wolkers was afkomstig uit 'n gereformeerde milieu, waarvan hy hom in sy tienerjare gedistansieer het. Sy ouers (Jan Hendrik Wolkers senior, 1890-1976, en Jannetje van der Heijde 1899-1979) was oorspronklik afkomstig van Amsterdam en het elf kinders gehad, van wie Jan die derde kind was. Sy vader het voor die Tweede Wêreldoorlog 'n beskeie kruidenierswinkel in Oegstgeest besit.

Wolkers se onderrig het by wyse van mulo ("Meer uitgebreid lager onderwijs") plaasgevind, maar hy moes die skool gou verlaat weens slegte punte, sodat hy weldra in die winkel uitgehelp het. Hy was onder meer 'n dieretuinwerker in 'n laboratorium aan die Universiteit van Leiden, 'n tuinier, en het ook landskappe geskilder. Tydens die oorlog het Wolkers aanvanklik gewerk as die jongste klerk in 'n verspreidingskantoor in Oegstgeest. Later het hy weggekruip. Hy het lesse by die Leidse skilderakademie Ars Aemula Naturae gevolg en geleer om te tik -die enigste studieveld waarin hy ooit sou studeer. Kort na die bevryding het Wolkers in Parys gewoon.

Latere jare duimnael|Wolkers saam met Karina Gnirrep (1974) Jan Wolkers is drie keer getroud. In 1947 het hy in die huwelik getree met Maria de Roo (1923-1993).Maria Lena de Roo, geboren 19-1-1923 te Goes, apothekers-assistente, oorlede 19-12-1993 te Amsterdam Uit die huwelik is drie kinders gebore. Sy dogter Eva (1949) het op 10 Junie 1951 gesterf as gevolg van 'n ongeluk in die bad. Hierdie traumatiese gebeurtenis sou Wolkers later verwerk in die roman Een roos van vlees uit 1963.

In 1958 het Wolkers in Frankryk met Annemarie Nauta (* 1937) getrou. Die huwelik sou nie lank hou nie. Hierdie tydperk vorm later die inspirasie vir die roman Turks fruit. Olga, die hoofkarakter van die boek, is gebaseer op Nauta. Met Olga se kankerlyding en haar afsterwe in sy roman Turks fruit simboliseer Wolkers die rouproses wat hy deurgemaak het na die beëindiging van die verhouding.

In 1963 ontmoet Wolkers die 17-jarige Karina Gnirrep. Sy het oorkant sy ateljee in Uiterwaardenstraat gewoon. Sy was die dogter van Piet Gnirrep, wat gedurende die oorlog tien jaar tronkstraf opgelê is vir sy bydrae tot die organisasie van die Februarie-staking, waarvan hy vier jaar in 'n Duitse gevangenis deurgebring het, en Johanna Harthoorn, wat bygedra het tot die CPN-verset tydens die oorlog. Kort hierna het Karina ingetrek by Wolkers in sy woonstel in Zomerdijkstraat 22 in die Amsterdamse Rivierenbuurt, waar Wolkers sedert 1950 gewoon het. Hulle het ook in 'n tuinhuis in die woonstelkompleks Amstelglorie in Jan Vroegopsingel gewoon. Heringerichte tuinhuis van Jan Wolkers waar hij boeken schreef. Opening door Karina Wolkers en Onno Blom via website Amstelglorie 3 Junie 2018In 1980 het die egpaar van Amsterdam na Westermient verhuis op die eiland Texel. In 1981 is Wolkers met Gnirrep getroud. In dieselfde jaar is hul tweelingseuns gebore.

In 2002 en 2003 het VPRO vir twee seisoene die reeks De Achtertuin van Jan Wolkers uitgesaai, wat handel oor die plante wat Wolkers en Karina in die tuin geplant het en die diere wat hulle by hul huis op Texel aangehou het. Vir die Europese Parlementsverkiesing in 2004 en die Parlementêre verkiesings in 2006 was Wolkers op die Partij voor de Dieren se lys as lijstduwer.

In 2006 is Wolkers as ereburger van Texel vereer.Texel maakt Jan Wolkers ereburger, Brabants Dagblad, 24 Maart 2006 Ander munisipaliteite het hul ook met Wolkers en sy werk vereenselwig. So is daar in Oegstgeest, Leiden, Voorschoten, Groningen, Kloetinge en Utrecht strate, singels en lane na Jan Wolkers vernoem.

Vanaf 2013 word die Jan Wolkers-prys jaarliks toegeken aan die beste Nederlandse natuurboek.

Afsterwe Jan Wolkers is op Vrydag 19 Oktober 2007, 'n week voor sy 82-jarige verjaardag, oorlede in sy huis op Texel. Die week tevore is Wolkers met Erysipelas (wondroos) opgeneem in die Gemini-hospitaal in Den Helder. Op Maandag 15 Oktober is hy gediagnoseer met lewersirrose, wat onbehandelbaar was. Sien o.a. Jan Wolkers (81) oorlede in de Volkskrant van 19 Oktober 2007, Jan Wolkers: 'Zo is het genoeg' in de Volkskrant van 24 Oktober 2007 en Crematie Jan Wolkers rechtstreeks op televisie op Literatuurplein.nl.

Wolkers is op 24 Oktober veras. Die seremonie in die begraafplaas De Nieuwe Ooster in Amsterdam kon regstreeks op TV gevolg word. Toesprake is gemaak deur De Bezige Bij se redakteur Robbert Ammerlaan, de Volkskrant se hoofredakteur Pieter Broertjes, die historikus Maarten van Rossem, die Nederlandse minister van kultuur Ronald Plasterk, die skrywer Remco Campert en Wolkers se weduwee Karina. Sy seun Tom en Leonie Hulsman, die vriendin van sy seun Bob, het 'n lied gesing wat hul self gekomponeer het. Crematie Jan Wolkers rechtstreeks op televisie op Literatuurplein.nl.Wolkers se as is later onder die tulpboom in sy tuin begrawe. Tulpenboomherfstgeel, NRC Handelsblad, 22 September 2010.

Enkele maande voor sy dood het Wolkers toestemming verleen aan die literêre joernalis Onno Blom om sy biografie te skryf. Wolkers geeft toestemming voor biografie, Trouw, 30 Junie 2007 Die boek is getiteld Het litteken van de dood. Jan Wolkers se biografie het in 2017 verskyn en 'n jaar later die Nederlandse Biografieprys verower.

Die persoonlike en literêre argief van Jan Wolkers is sedert 2019 beskikbaar in die biblioteek van die Universiteit van Leiden. Karina Wolkers: ‘Het ruimt ook wel lekker op’, website Universitaire Bibliotheken Leiden, 19 Oktober 2018.Leiden verwerft artistieke nalatenschap Jan Wolkers wewerf van die Universitaire Bibliotheken Leiden, 19 Oktober 2018.

Sy kuns As skrywer Wolkers se skryfdebuut het in 1961 plaasgevind met die kortverhaalbundel Serpentina's petticoat. In die openingsverhaal Het tillenbeest steel die hoofkarakter uit 'n naburige kasteel 'n beeld wat die sfinks uit Sophokles se tragedie, Koning Oedipus, voorstel. Die verhaal sinspeel op outobiografiese ervaringe: die werklike beeld is in 2013 deur die skrywer se suster aan Kasteel Oud-Poelgeest, die regmatige eienaar daarvan, terugbesorg. Dit word daar tentoongestel in die Drakenzaal. Bart Temme, 'Nieuws: Zus van Jan Wolkers geeft "tillenbeest" terug.' Tzum, literair weblog, 6 Maart 2013. Opgespoor op 29 Januarie 2016.

In 1962 het Wolkers se eerste roman, Kort Amerikaans, verskyn. Daarna het daar gereeld 'n nuwe boek uit sy pen verskyn. In 1969 verskyn Turkish delight, Wolkers se grootste literêre sukses. Die boek is in 1973 deur die regisseur Paul Verhoeven verfilm met protagoniste Rutger Hauer en Monique van de Ven.

Wolkers se gereformeerde herkoms word gereeld weerspieël in sy romans. Verder word sy romans gekenmerk deur 'n openheid oor seksualiteit. Hy was een van die eerste literêre skrywers wat in die rigting beweeg het. Wolkers se eerste uitgewer was van mening dat daar te veel "vuil woorde" in sy boeke was en dat Wolkers dit sou moes vervang deur Latynse terme. Wolkers het aangevoer dat die dinge wat hy beskryf op natuurlike wyse in die lewe voorkom. Hy het die eksplisiete beskrywings in sy verhale dus as geregverdig beskou. Hy het ook daarop gewys dat in "groot boeke" soos die Bybel al hierdie dinge op 'n ewe onmiskenbare wyse vertel word.

Wolkers se boeke bevat baie outobiografiese elemente, en in sommige gevalle speel afguns teenoor sy skoonouers 'n rol.

Ander temas wat gereeld in Wolkers se werk voorkom is (fisiese) agteruitgang en die dood. In sy eerste skilderye gebruik hy ook die tema van die dood, byvoorbeeld stillewes met skedels. Wolkers het vroeg met die dood in aanraking gekom. Sy oudste broer Gerrit het op 30 Augustus 1944 tydens die Tweede Wêreldoorlog op 22 jaar aan Witseerkeel gesterf.

In 2007 het Wolkers spesiaal vir die posseëls van die Weke van de Kaart 2007Leven en werk van Jan Wolkers centraal op postzegels. Bijzondere postzegels cadeau tijdens de Nationale Weken van de Kaart 2007, TNT Post 'n gedig geskryf wat deur die grafiese ontwerper Lex Reitsma verwerk is. Die see, ruimte en lug van Texel en Die geboorte van Venus deur die skilder Botticelli het Wolkers geïnspireer om die gedig vir die posseëls te skryf.  

In Augustus 2007 het Jan Wolkers self die luisterboek Turks fruit voorgelees in sy huis op Texel. Dit het in Oktober van daardie jaar verskyn.

duimnael|Karina Wolkers (2017) In 2007 het hy die teks geskryf vir die uitsending van Groot Dictee der Nederlandse Taal op 19 Desember. Indien Wolkers nie twee maande voor die gebeurtenis oorlede is nie sou hy die diktaat self aangebied het, waarskynlik via 'n satellietverbinding tussen Texel en Den Haag. Hy is toe vervang deur sy vrou Karina wat die diktaat in sy plek voorgelees het. Dit beteken dat Jan Wolkers die enigste skrywer is wat nie self die diktaat tydens die uitsending aangebied het nie. Wolkers het die diktaat in Augustus voltooi; dit beteken dat die werk amptelik sy "laatst bekende teks" is. Dit was nie, soos dikwels die geval is met die Groot Dictee, 'n ewekansige versameling van moeilik spelbare woorde wat deur 'n dun verhaal sonder 'n intrige bymekaargehou word nie, maar wat vorm en inhoud betref, 'n "echte Wolkers", kompleet met Bybel, engele, seks en "geskilderde" taal.

Publikasies Romans 1962 - Kort Amerikaans 1963 - Een roos van vlees 1965 - Terug naar Oegstgeest 1967 - Horrible tango 1969 - Turks fruit 1974 - De walgvogel 1977 - De kus 1979 - De doodshoofdvlinder 1980 - De perzik van onsterfelijkheid 1981 - Brandende liefde 1982 - De junival 1983 - Gifsla 1984 - De onverbiddelijke tijd

Novelle 1975 - Dominee met strooien hoed 2005 - Zomerhitte (Boekenweekgeschenk)

Kortverhaalbundels 1961 - Serpentina's petticoat 1963 - Gesponnen suiker 1964 - De hond met de blauwe tong 1981 - Alle verhalen 1984 - Sprookjes van de kust 1985 - 22 sprookjes, verhalen en fabels 1988 - Kunstfruit en andere verhalen 1989 - Jeugd jaagt voorbij 1991 - Wat wij zien en horen (samen met Bob en Tom Wolkers) 2003 - De achtertuin (boek bij televisieserie)

Essays 1987 - Een paradijsvogel boven het aardappelloof 1988 - De bretels van Jupiter 1990 - De drijfschaal van Van Gogh 1991 - Tarzan in Arles 1994 - Rembrandt in Rommeldam 1995 - Zwarte bevrijding (Boekenweek) 1996 - Icarus en de vliegende tering 1997 - Mondriaan op Mauritius 1998 - Het kruipend gedierte des aardbodems 2000 - Wolkers in Wolkersdorf 2001 - De schuimspaan van de tijd

Verhale & Essays 2007 - Waddenboek

Toneel 1963 - Wegens sterfgeval gesloten, commedia della morte 1963 - De Babel

Gedigte duimnael|'n Muurgedig, De herinnering in Oegstgeest 2000 - Jaargetijden 2003 - Wintervitrines 2008 - Verzamelde gedichten (na sy oorlye )

Rubrieke 1999 - Omringd door zee 2001 - De weerspiegeling

Lesings 1990 - Op de vleugelen der profeten / On the wings of the prophets 1999 - De nagels van God 2000 - Een cilinder vol zeegeruis 2003 - De grazige weiden

Dagboeke 2005 - Dagboek 1974 2006 - Dagboek 1969 2007 - Dagboek 1972 2007 - Dagboek 1976 2009 - Dagboek 1967 2010 - Dagboek 1975 2012 - Dagboek 1970 2014 - Dagboek 1971

Briewe 2005 - Ach Wim, wat is een vrouw? (briewe aan 'n jeugvriend) 2010 - Brieven aan Olga (briewe aan Annemarie Nauta)

Dokumentêre duimnael|Saam met Godfried Bomans na Rottumerplaat 1971 - Groeten van Rottumerplaat (outobiografies) 1971 - Werkkleding (outobiografies) 2007 - Rottumerplaat (verkorte weergawe van "Groeten .." in die reeks "Literaire juweeltjes")

Audio-cd