Die Keisierivier is 'n boloop van die Breederivier en vloei in die landboustreek bekend as die Keisie, tussen Montagu en die Koo.
Hierdie rivier ontspring in die Dassieshoek-natuurreservaat in die berge noord van Robertson. Dit vloei ooswaarts langs die R318-pad en later suidooswaarts om aan die noordekant van Montagu by die Kogmanskloofrivier aan te sluit. Waarskynlik is die naam van die rivier en die streek ontleen aan die Khoi-woord ‘’keisa’’ met die betekenis van glinster.
Kategorie:Riviere in Wes-Kaap