Marieke Lucas Rijneveld (gebore 20 April 1991, in Nieuwendijk, Nederland) is 'n Nederlandse skrywer. Rijneveld het in 2020 die Internasionale Booker-prys saam met die vertaler daarvan, Michele Hutchison, gewen vir haar debuutroman De avond is ongemak, in Engels gepubliseer as The Discomfort of Evening. Flood, Alison, "Marieke Lucas Rijneveld wen Internasionale Booker-prys vir "The Discomfort of Evening", The Guardian, 26 Augustus 2020. Rijneveld is die jongste, en eerste Nederlandse skrywer, om die prys te verower, en slegs die derde Nederlandse skrywer wat benoem is, na Tommy Wieringa (in 2019) en Harry Mulisch (kortlys in 2007). https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/jongste-wenner-nog-van-die-internasionale-bookerprys-20200827 Opgespoor en besoek op 08/09/2020
Lewe duimnael| Marieke Lucas Rijneveld (2015) Rijneveld het in 'n gereformeerde gesin op 'n plaas in Noord-Brabant in Nederland grootgeword. Rijneveld het gesê dat haar debuutroman deels geïnspireer is deur die dood van haar broer toe die skrywer drie was. Dit het Rijneveld ses jaar geneem om die roman te voltooi.
Rijneveld het op laerskool 'n belangstelling in skryf ontwikkel na die lees van JK Rowling se boek Harry Potter en die Towenaar se Steen, wat sy by die plaaslike biblioteek geleen het. Omdat verwysings na towerkuns in gereformeerde kringe as taboe beskou word, het Rijneveld die hele boek op haar rekenaar gekopieer sodat sy dit weer kon lees by die teruggawe van die boek na die biblioteek.
Rijneveld het gesê dat die bekende Nederlandse skrywer Jan Wolkers, wat ook in 'n gereformeerde omgewing grootgeword het, haar afgod is. Haar belangstelling in poësie is geïnspireer nadat sy gekyk het na prente met poësie terwyl sy op terapiesessies gewag het. Toe Rijneveld met die terapie gevorder het, is sy toegelaat om die gedigte op te lees wat deur die terapeut voorgeskryf is.
Rijneveld het gestudeer om 'n onderwyser te word, maar het dit laat vaar ten einde op skryfwerk te konsentreer. Behalwe vir skryfwerk, is Rijneveld ook werksaam op 'n plaas. https://www.volkskrant.nl/cultuur-media/marieke-lucas-rijneveld-literaire-belofte-van-2015-door-al-het-succes-heb-ik-een-enorme-werkdrift-gekregen~b81603eb/
Rijneveld identifiseer as beide manlik en vroulik en het die tweede voornaam Lucas op negentienjarige ouderdom aangeneem omrede sy tydens sekondêre skool geboelie is vanweë haar "seunsagtige" voorkoms.
Werk
Poësie
Kalfsvlies, 2015 (Engels: Calf's caul, uittreksels daarvan is deur Sarah Timmer Harvey in Engels vertaal en op die kortlys geplaas vir die Asymptote-tydskrif se vertaalkompetisie 'Close Approximations' in 2017). Fantoommerrie, 2019
Romans De avond is ongemak, in Engels vertaal en gepubliseer as The Discomfort of Evening deur Michele Hutchison (Faber & Faber). Wenner van die Booker-prys in 2020.
Toekennings
Sy en haar werk is in April 2020 op die kortlys geplaas vir die Internasionale Booker-prys. Die wenner is in Augustus 2020 aangekondig as De avond is ongemak, vertaal in Engels as The Discomfort of Evening deur Michele Hutchison. Kalfsvlies, bekroon met die C. Buddingh-prys vir die beste Nederlandse poësiedebuut in 2015. De avond is ongemak, bekroon in 2019 met die ANV Debutantenprijs, die prys vir beste debuutroman in Nederlands.
Verwysings
Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1991