Leonard Helena Sylvain Nolens (Bree, 11 April 1947- Antwerpen, 26 December 2025) was 'n Vlaamse digter, vertaler en skrywer.
Biografie Na sy middelbare skooljare ondergaan Nolens opleiding as tolk-vertaler aan die Hoger Instituut voor Vertalers en Tolken in Antwerpen. Vanuit Antwerpen werk hy vanaf 1968 as vryskutvertaler en is tussen 1969 tot 1973 redakteur van die eksperimentele tydskrif Labris. Nolens is getroud en het twee seuns. Hy is die vader van de skrywer David Nolens.www.literairnederland.nl
Sedert sy debuut in 1969 met die bundel Orpheushanden het Leonard Nolens hom gevestig as een van die beduidendste hedendaagse Vlaamse digters. Drie versamelbundels het reeds van sy omvangryke oeuvre verskyn en sy poësie het talle Vlaamse en Nederlandse pryse ontvang, onder meer die Jan Campert- en Constantijn Huygens-pryse, die VSB-prys en die Prijs der Nederlandse letteren.
Hy skryf voltyds en benewens dagboeke en enkele romans het daar reeds 23 digbundels uit sy pen verskyn. Van sy gedigte is ook deur Dr. Daniël Hugo in Afrikaans vertaal en gebundel onder die titel ’n Digter in Antwerpen. https://versindaba.co.za/nuwe-bundels-2020/nuwe-bundels-1/digbundels-2015/ Opgespoor en besoek op 03/09/2020
Waardering en evaluasie Nolens, as romantikus, skryf dikwels oor die liefde en oor die maniere om aan die eie identiteit te ontsnap. Sy vroeëre werk word getipeer as barok-tipe, eksperimentele gedigte. Deur die loop van die jare het daar egter 'n soberheid in sy werk ingetree, en verkry dit 'n meer parlando-agtige (Poésie parlante) kleur. Temas wat dikwels in sy werk voorkom is die jeug, vroue, eensaamheid en alkohol.www.schijversgewijs.be Nolens word beskou as een van die belangrikste lewende digters uit die Nederlandse taalgebied. Hy word met reëlmaat genoem as kandidaat vir die Nobelprys vir Letterkunde.'Nobelprijs voor Leonard Nolens?" In: Website Knack, 25 Oktober 2012
Bibliografie 1969 - Orpheushanden (poësie) 1973 - De muzeale minnaar (poësie) 1975 - Twee vormen van zwijgen (poësie) 1977 - Incantatie (poësie) 1979 - Alle tijd van de wereld (poësie) 1981 - Hommage (poësie) 1983 - Vertigo (poësie) 1986 - De gedroomde figuur (poësie) 1988 - Geboortebewijs (poësie) 1989 - Stukken van mensen (dagboek) 1990 - Liefdes verklaringen (poësie) 1991 - Hart tegen hart (poësie) 1992 - Tweedracht (poësie) 1993 - Blijvend vertrek (dagboek) 1994 - Honing en as (poësie) 1995 - De vrek van Missenburg (dagboek) 1996 - En verdwijn met mate (poësie) 1997 - De liefdesgedichten (poësie) 1998 - Een lastig portret (dagboek) 1999 - Voorbijganger (poësie) 2001 - Manieren van leven (poësie) 2003 - Derwisj (poësie) 2004 - Bres" met etsen van Dan Van Severen (een livre de peintre, Ergo Pers Gent) 2004 - Laat alle deuren op een kier (versamelde gedigte) (poësie) 2005 - Een dichter in Antwerpen (poësie) 2007 - Een fractie van een kus (poësie) 2007 - Bres (poësie) 2008 - Woestijnkunde (poësie) 2009 - Dagboek van een dichter 1979-2007 (versamelde dagboeke) 2011 - Zeg aan de kinderen dat wij niet deugen 2012 - Manieren van leven (versamelde gedigte 1975-2011) 2014 - Opzichtige stilte (poësie) 2017 - Balans (poësie)
Pryse en erkennings duimnael|Die gedig Laat op 'n muur in Den Haag 1974 - Prys vir die beste letterkundige debuut vir De muzeale minnaar 1976 - Arkprijs van het Vrije Woord vir Twee vormen van zwijgen 1976 - Poësieprys van die provinsie Antwerpen vir Twee vormen van zwijgen 1980 - Hugues C. Pernath-prijs vir Alle tijd van de wereld 1980 - Poëzieprijs van de provincie Limburg vir Alle tijd van de wereld 1984 - poëzieprijs van De Vlaamse Gids vir Vertigo 1991 - Jan Campertprijs vir Liefdes verklaringen 1997 - Constantijn Huygens-prys vir sy gehele oeuvre 2002 - Gedichtendagprijzen vir 'Hostie' uit die bundel Manieren van leven 2007 - Karel van de Woestijne-prys vir poësie van die munisipaliteit Sint-Martens-Latem 2008 - VSB Poësieprys vir Bres'' 2012 - Prijs der Nederlandse LetterenJuryrapport www.prijs der letteren.nl 30 november 2012 2018 - Eredoktoraat aan die Universiteit van GentPersbericht UGent: Dichter Leonard Nolens eredoctor aan de UGent www.ugent.be 28 Maart 2018
Eksterne skakels Bibliofiele uitgaven met Dan Van Severen en Karel Diericxks Interview met Leonard Nolens door Ruth Joos (Radio 1 29/03/2011)
Notas
Verwysings
Kategorie:Vlaamse digters Kategorie:Vlaamse skrywers Kategorie:Geboortes in 1947 Kategorie:Lewende mense