Anabolisme is ’n stel metaboliese roetes vir die opbou van molekules in lewende organismes uit kleiner eenhede. Dié reaksies verg energie, bekend as ’n endergoniese proses. Dit is die opbouende aspek van metabolisme, terwyl katabolisme die afbrekende prosesse behels. Anabolisme is gewoonlik sinoniem aan biosintese.
Roete Polimerisasie, ’n anaboliese roete wat gebruik word om makromolekules soos nukleïensure, proteïene en polisakkariede te bou, gebruik kondensasiereaksies om monomere te bind. Alt URL Makromolekules word geskep uit kleiner molekules deur middel van ensieme en kofaktore.
Energiebron Anabolisme word aangedryf deur katabolisme, waar groot molekules in kleiner dele opgebreek en dan in selasemhaling gebruik word. Baie anaboliese prosesse word aangedryf deur die splyting van adenosientrifosfaat (ATF). Anabolisme behels gewoonlik reduksie en verminder entropie, wat dit ongunstig maak sonder energietoevoer. Die aanvangsmateriale, wat die voorlopermolekules genoem word, word saamgebind deur die chemiese energie wat beskikbaar gestel word deur die hidrolisasie van ATF, die reduksie van die kofaktore NAD+, NADF+ en FAD, of die uitvoer van ander gunstige newereaksies. Soms kan dit ook aangedryf word deur entropie sonder energietoevoer, in gevalle soos die vorming van die fosfolipieddubbellaag van ’n sel, waar hidrofobiese wisselwerkings die molekules saamvoeg.
Funksies Anaboliese prosesse bou organe en weefsel. Dié prosesse sorg vir die groei en differensiasie van selle en die vergroting van die liggaam, ’n proses wat die sintese van komplekse molekules behels. Voorbeelde van anaboliese prosesse sluit in die groei en mineralisasie van bene en die vergroting van weefselmassa.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Metabolisme