Die Mercedes-Benz OM668-enjin is 'n inlynviersilinderdieselenjin vervaardig deur die Mercedes-Benz-afdeling van Daimler AG. Dit is in die Mercedes-Benz W168 van 1997 tot 2004 en die Mercedes-Benz W414 van 2001 tot 2005 gebruik.
Beskrywing Die OM668 maak gebruik van gemenedrukbuisbrandstofinspuiting. In vergelyking met die M166-petrolenjin het dit 4 kleppe per silinder in plaas van twee. Twee kettinggedrewe bonokasse word gebruik. Die inlaatnokas word deur 'n ketting aangedryf, die uitlaatnokas word met 'n rat aan die inlaatnokas gekoppel. 'n Ander ketting dryf die oliepomp van die krukas af aan. Al die enjins het 'n turboaanjaer en al die enjins met meer as 44 kW het ook 'n tussenkoeler. In 1997 was die OM668 die kleinste dieselenjin van Mercedes-Benz.
Kategorie:Mercedes-Benz-enjins