thumb|240px|’n Kunstenaar se voorstelling van die Oortwolk en Kuipergordel (inlas). Tyche is ’n hipotetiese gasreus wat in die Sonnestelsel se Oortwolk kan lê. Dit is in 1999 die eerste keer voorgestel deur die astrofisici John Matese, Patrick Whitman en Daniel Whitmire van die Universiteit van Louisiana in Lafayette. Hulle het gereken die bewys van Tyche se bestaan kan gesien word in ’n veronderstelde onewewigtigheid in die punte van oorsprong van langperiodekomete. In 2013 het Matese en Whitmire die komeetdata herbeoordeel en opgemerk dat Tyche, as dit bestaan, opspoorbaar sou wees in die argief van data wat deur Nasa se WISE-teleskoop versamel is.

In 2014 het Nasa aangekondig die WISE-opname sluit enige moontlike voorwerp met Tyche se eienskappe uit, wat daarop dui dat Tyche soos deur Matese, Whitman en Whitmire voorgestel, nie bestaan nie.

Geskiedenis Matese, Whitman en Whitmire het die bestaan van die planeet in 1999 die eerste keer voorgestel, gebaseer op waarnemings van die wentelbane van langperiodekomete. Die meeste sterrekundiges stem saam dat langperiodekomete (dié met ’n wentelperiode van duisende tot miljoene jare) ’n rofweg isotropiese verspreiding het; dit beteken hulle kom lukraak vanuit enige punt in die lug. Omdat komete vlugtig is en mettertyd verbrokkel, glo sterrekundiges hulle bring die grootste deel van hulle bestaan deur in ’n sferiese wolk tienduisende astronomiese eenhede (AE) van ons af bekend as die Oortwolk. Matese en Whitmire het egter beweer hulle kom nie vanuit lukrake punte in die lug nie, soos algemeen geglo word, maar dat hulle wentelbane saamgetros is in ’n strook wat skuins lê met betrekking tot die wentelvlak van die planete.

So ’n sameklossing kan verduidelik word as hulle versteur word deur ’n onsigbare voorwerp minstens so groot soos Jupiter, moontlik ’n bruindwerg, wat in die buitenste deel van die Oortwolk lê. Hulle het ook gemeen so ’n voorwerp kan die uitsonderlike wentelbaan van die trans-Neptunus-voorwerp Sedna verduidelik. Die getal komete wat hulle as voorbeeld gebruik het, was egter klein en die resultate was onafdoende.

Wentelbaan Whitmire en Matese het gespekuleer dat Tyche se wentelbaan sowat 500 keer so ver van die Son af was as dié van Neptunus: sowat 15 000 AE, of 2,2 x 1012 km. Dit is ’n bietjie minder as ’n kwart ligjaar. Dit is reg in die Oortwolk, waarvan die grens op sowat 50 000 AE geraam word. Dit sou ’n wentelperiode van rofweg 1,8 miljoen jaar hê. ’n Mislukte soektog deur ouer data van die Infrarooi- Astronomiese Satelliet (IRAS) het daarop gedui ’n voorwerp met ’n massa van 5 Jupitermassas (MJ) sal op ’n afstand van meer as 10 000 AE moet lê. So ’n planeet sou op ’n ander vlak as die sonnebaan wentel en sou moontlik in ’n wyedubbelplaneet-wentelbaan gewees het toe dit gevorm het. Wye dubbelplanete kan vorm deur vasvanging tydens die verval van die sterreswerm waarin ’n ster ontstaan het.

Massa thumb|240px|’n Algemene vergelyking tussen die groottes van die Son, ’n ster met ’n lae massa, ’n bruindwerg en die planete Jupiter en Aarde. In 2011 het Whitmire en Matese gespekuleer die hipotetiese planeet kan ’n massa van tot 4 MJ hê, en ’n relatief hoë temperatuur van sowat 200 K (73 °C) as gevolg van oorblywende hitte vanweë sy vorming asook Kelvin-Helmholtz-verhitting. Die massa sou nie groot genoeg gewees het vir kernfusiereaksies in sy binnekant nie – dit is ’n proses wat voorkom in voorwerpe met ’n massa van meer as 13 MJ. Hoewel Tyche ’n groter massa as Jupiter sou hê, sou dit min of meer so groot soos Jupiter gewees het omdat druk veroorsaak dat swaar gasreuse net in digtheid toeneem relatief tot hulle massa, en nie in grootte nie. As Tyche ontdek sou word, sou dit na verwagting teen einde 2013 gewees het en sou dit ’n massa van net 1 tot 2 MJ gehad het.

WISE-sending Die WISE-ruimteteleskoop het ’n infrarooi-ondersoek van die hele lugruim voltooi, onder meer van streke waar Whitmire en Matese verwag het Tyche ontdek wou word. Op 14 Maart 2012 is die eerste katalogus van die WISE-sending uitgereik. Die resultate van die tweede opname (AllWISE) is einde 2013 bekend gemaak.Wide-field Infrared Survey Explorer Op 7 Maart 2014 het Nasa berig die WISE-teleskoop het enige moontlikheid van ’n voorwerp so groot soos Saturnus tot by 10 000 AE en een so groot soos Jupiter tot by 26 000 AE uitgesluit.

Sien ook Planeet Nege Planete anderkant Neptunus

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hipotetiese planete