duimnael|226x226px|Swjatlana Tsichanofskaja (2025) Swjatlana Tsichanofskaja (Belarussies: Святлана Ціханоўская) of Swetlana Tichanofskaja (Russies; Светлана Тихановская) (Mikasjewitsji, 11 September 1982) is 'n Belarussiese politieke aktivis wat 'n kandidaat in die 2020-presidentsverkiesing in Belarus was. President Aleksandr Loekasjenko is amptelik as wenner van die 2020 verkiesing verklaar, wat deur wydverspreide verkiesingsbedrog geskend is. Daarop beweer Tsichanofskaja dat sy die presidentsverkiesing met tussen 60 en 70% van die stemme gewen het.
Biografie Voordat Tsichanofskaja 'n presidentskandidaat geword het, was sy 'n Engelsonderwyser en tolk. Sy is getroud met die YouTuber, blogger en aktivis Siarhiej Tsichanofski, wat in hegtenis geneem is."Svetlana Tikhanovskaya: Housewife steps into election fight with Belarus strongman Lukashenko", The Times, 6 Junie 2020
Presidensiële veldtog in 2020 Ná die inhegtenisneming van haar man op 29 Mei het Tsichanofskaja aangekondig dat sy voornemens is om in sy plek verkies te word. Sy is op 14 Julie 2020 as onafhanklike kandidaat geregistreer."In Belarus, 3 Women Unite to Fight Strongman Lukashenko", Moscow Times, 20 Julie 2020 Na haar registrasie is sy ondersteun deur die veldtogte van Waleri Tsepkalo en Wiktar Babarika, twee prominente opposisiepolitici wat verbied is om hul kandidatuur te registreer. 'n Foto van Tsichanofskaja met Maria Kolesnikowa, Babarika se veldtogbestuurder, en Weronika Tsepkalo, die vrou van Waleri Tsepkalo, het 'n simbool van haar veldtog geword."Wife of jailed blogger steps up to fight Lukashenko of Belarus", The Times, 20 Julie 2020.
In Junie 2020 het sy 'n video uitgereik waarin gesê word dat sy met arrestasie gedreig is en dat haar kinders weggeneem sou word as sy aanhou om aan die verkiesing deel te neem. Sedertdien het sy haar kinders na die buiteland gestuur om by hul ouma te gaan woon vir hul veiligheid."Belarus presidential candidate sends her children abroad after threats", Reuters, 20 Julie 2020
Vroulike solidariteit Voor die presidensiële veldtog het die Belarussiese president Aleksandr Loekasjenko daarop aangedring dat die land nie gereed is vir 'n vroulike president nie."'Female solidarity': In Belarus, three women unite to fight strongman Lukashenko" RTL, 17 Julie 2020 Haar veldtog word geloods toe Amnesty International die land se diskriminerende behandeling van vroulike opposisie-aktiviste veroordeel het"Belarus: Authorities threatening women political activists ahead of election" Amnesty International 17 Julie 2020 met verwysing na dreigemente van seksuele geweld en teen die versorging van hul kinders. http://www.therepublic.com/2020/07/19/eu-belarus-politics-3/ Belarus rally for presidential challenger largest in years. Besoek op 22 Julie 2020, The Associated.
Platform Swjatlana Tsichanofskaja het gesê dat sy strewe na die presidentskap om haar man uit die tronk te bevry. "Newsday: The female politicians of Belarus taking on a male president who has been in power for more than two decades", BBC World Service, 22 Julie 2020 Sy het ook gesê dat die hoofdoel van haar deelname is om vrye en regverdige verkiesings te bewerkstellig. Sy is van mening dat die huidige verkiesing nie as vry en regverdig beskou kan word nie weens die regering se weiering om die belangrikste politieke opponente van Loekasjenko te registreer, en het onderneem om 'n plan vir deursigtige en verantwoordbare verkiesings binne ses maande na die aanstelling van die regering voor te lê."«У Лукашэнкі вельмі нізкі рэйтынг». Што Ціханоўская сказала ў сваім першым выступе на тэлевізіі.", Radio Svaboda, 21 Julie 2020
Ondersteuners Alhoewel sy as onafhanklike deelgeneem het, het Tsichanofskaja steun oor die hele spektrum van Belarussiese politieke opposisie getrek. Wital Rimasjeuski, medeleier van die Belarussiese Christen-Demokrate, het die steun van sy party aangekondig, net soos die Belarussiese Sosiaal-Demokratiese Party, die Verenigde Gemeenskapsparty van Belarus en die Belarussiese Vroueparty "Nadzieja". "БСДП (Грамада) заклікала галасаваць за Ціханоўскую і адстойваць права на свабодныя выбары." Radio Svaboda, 23 Julie 2020"Статкевіч, Кавалькова, Хашчавацкі, АГП і БХД. Хто падтрымлівае Сьвятлану Ціханоўскую.", Radio Svaboda, 22 Julie 2020 Sy het ook die steun van die voormalige presidentskandidaat van die opposisie in die 2010-presidentsverkiesing, Mikola Statkewitsj, ontvang.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1982 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Belarusse