Die Yellowstonerivier (Engels: Yellowstone River) is 'n groot noordoos-vloeiende rivier in die Westelike Verenigde State. Die Yellowstonerivier het 'n lengte van 1 114 km en vloei deur die Amerikaanse deelstate Wyoming, Montana en Noord-Dakota. Die Yellowstonerivier is een van die grootste sytakke van die Missouririvier, op sy beurt 'n sytak van die Mississippirivier. Die Yellowstonerivier is veral bekend vir die Yellowstone Nasionale Park.
duimnael|links|Die Grand Canyon van die Yellowstone en die Yellowstone-waterval Die Yellowstonerivier ontstaan deur die saamvloei van die Noord- en Suid-Forks-riviere in die Absarokabergreeks in Wyoming. Daarna vloei die rivier in 'n noordoostelike rigting deur die bekende Yellowstone Nasionale Park, deurkruis die park, vloei oor drie watervalle en vorm die Grand Canyon van Yellowstone. Verder noordoos mond die Yellowstonerivier in McKenzie County, naby Buford, Noord-Dakota, in die Missouririvier uit.
Die Hidatsa-Indiane het die rivier weens die gesteentes se geel kleur Mi tse a-da-zi genoem, wat die eerste Franse pelsjagters as Rivière des Roches Jaunes vertaal het en die Kanadese ontdekkingsreisiger David Thompson as Yellow Stone.
Die Yellowstonerivier is in 1806 deur William Clark tydens sy terugkeer van die Lewis-en-Clark-ekspedisie verken. Voorheen was die Yellowstonerivier reeds 'n belangrike vervoerpad vir die Indiane. Gedurende die 19de eeu het die rivier ook vir die blanke setlaars belangrik geword. In Montana is die rivier op 'n groot skaal vir besproeiing aangewend.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Montana Kategorie:Noord-Dakota Kategorie:Wyoming Kategorie:Riviere in die Verenigde State van Amerika