Die Kuskokwimrivier (Engels: Kuskokwim River; Russies: Кускоквим, Kuskokwim, afgelei van Yup'ik: kusquqviim; hedendaagse Yup'ik: Kusquqvak) is 'n groot wes-vloeiende rivier in die Verenigde State. Die Kuskokwimrivier het 'n lengte van 1 130 km en vloei deur die Amerikaanse deelstaat Alaska.
duimnael|links|Lugbeeld van Bethel langs die Kuskokwimrivier Die Kuskokwimrivier ontstaan uit die saamvloei van Oos- en Noord-Fork, naby Medfra, Alaska, waarna dit in 'n westelike rigting deur dié deelstaat vloei. Dit mond wes van Bethel in die Kuskokwimbaai, 'n deel van die Beringsee, uit.
Die rivier se naam is afgelei van die Yup'ik-woord kusquqviim wat in 1826 deur 'n Russiese seevaarder opgeteken is en na 'n "groot, stadig bewegende ding" verwys. 'n Verouderde Tanana-naam (Athabaskan) vir dié rivier was Chin-ana.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Alaska Kategorie:Riviere in die Verenigde State van Amerika