duimnael|links|350px|Latifi jaag hier in Formule 3 in 2014
Nicholas Daniel Latifi (* 29 Junie 1995) is 'n Kanadese professionele motorrenjaer wat van 2020 tot 2022 vir die Williams-Mercedes-span aan Formule Een Grands Prix deelgeneem het. Sy kontrak met hulle is nie hernu vir die 2023-seisoen nie.
Loopbaan Soos meeste ander Formule Eenjaers het hy in sy jeug aan knortjorrenne deelgeneem, van 2009 tot 2012. In die laaste jaar wen hy die Rotax DD2-klas van die Florida Wintertoer.
In 2012 begin Latifi met formulerenne, waar hy in die Italiaanse Formule 3-kampioenskap vir die BVM-span meegeding het. Die kampioenskap was verdeel in 'n Europese en 'n Italiaanse kampioenskap. In die Europese kampioenskap eindig hy sewende met 'n oorwinning op Vallelunga. In die Italiaanse kampioenskap eindig hy met dieselfde aantal oorwinnings ook in die sewende plek.
In 2013 stap Latifi oor na die nuwe Europese Formule 3-kampioenskap, waar hy vir die Carlin-span jaag. Met twee vyfde plekke eindig hy vyftiende in die kampioenskap met 45 punte. Hy neem ook vir Carlin deel aan die Britse Formule 3-kampioenskap, waar hy met één podiumplek op Brands Hatch vyfde in die kampioenskap eindig met 97 punte.
Hierna volg Formule Renault 3.5 in 2015 en GP2 in 2016 en 2017.
Formule Een In 2018 word Latifi aangestel as die amptelike reserwejaer vir die Sahara Force India Formule 1-span. By sy tuisren in die Kanadese Grand Prix maak hy sy F1-debuut tydens die vrye oefeninge.
Op 28 November 2019 word aangekondig dat Latifi in 2020 by Williams sy debuut as Formule 1-renjaer sal maak.
Formule Een-uitslae
Jaar Inskywer Onderstel Enjin 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 Pos Punte 2018 Sahara Force India Force India VJM11 Mercedes M09 EQ Power+ 1.6 V6 t AUS BHR CHN AZE SPA MON KAN FRA OOS GBRDUI HON – –Racing Point F1-span BEL ITA SIN RUS JPN VSA§ MEX BRA ABU2019ROKiT Williams RacingWilliams FW42Mercedes M10 EQ Power+ 1.6 V6 tAUSBHRCHNAZESPAMONKANFRAOOSGBRDUIHON BEL ITA SIN RUS JPNMEXVSABRA ABU – –2020Williams RacingWilliams FW43Mercedes F1 M11 EQ Performance 1.6 V6 t OOS11 STI17 HON19 GBR15 70J19 SPA18 BEL16 ITA11 TOSDNF RUS16 EIF14 POR18 EMI11 TURDNF BAH14 SAKDNF ABU17 21ste 0 2021 Williams Racing Williams FW43B Mercedes M12 E Performance 1.6 V6 t BHR 18 EMIDNF POR18 SPA 16 MON 15 AZE 16 FRA 18 STI 17 OOS 11 GBR 14 HON 7 BEL 9 ‡ NED 16 ITA 11 RUS 19 † TUR 17 VSA 15 MXS 17 SAP 16 KAT DNF SAU 12 ABU DNF17de7 2022 Williams Racing Williams FW44 Mercedes M13 E Performance 1.6 V6 t BHR16 SAUDNF AUS16 EMI16 MIA14 SPA16 MON15 AZE15 KAN16 GBR12 OOSDNF FRADNF HON18 BEL18 NED18 ITA15 SINDNF JPN9 VSA17 MXS18 SAP16 ABU19 20ste 2 Jaar Inskrywer Onderstel Enjin12345678910111213141516171819202122PlekPunte † Kon nie die ren voltooi nie, maar is geklassifiseer omrede hy meer as 90% van die wedrenafstand afgelê het. ‡ In België is halwe punte toegeken in 2021, a.g.v. 'n verkorte wedren weens swaar reën. § Latifi was as die derde bestuurder ingeskryf, maar is onttrek voor die sessie.
Verwysings
Kategorie:Formule Een-renjaers Kategorie:Geboortes in 1995 Kategorie:Kanadese renjaers Kategorie:Lewende mense