Die Tiger II is 'n Duitse swaartenk van die Tweede Wêreldoorlog. Die finale amptelike Duitse naam van die tenk was Panzerkampfwagen Tiger Ausf. B,Panzerkampfwagen – abbr: Pz. of Pz.Kfw. (Afrikaans: "pantser gevegs voertuig") Ausführung – abbr: Ausf. (Afrikaans: variant). Die volle titles Panzerkampfwagen Tiger Ausf. B en Panzerbefehlswagen Tiger Ausf. B (vir die bevelvoerder weergawe) was gebruik vir opleiding en instanhoudings handleidings asook in die organisasie en toerusting tabelle. (Jentz and Doyle 1997) Also sometimes referred to as "Pz. VI Ausf B", not to be confused with "Pz. VI Ausf E”, which was the Tiger I-tenk. soms verkort tot Tiger B.Jentz and Doyle 1993, p. 16. Die krygslogistieke naam was Sd.Kfz. 182. Dit was ook informeel bekend as Königstiger (die Duitse naam van die Bengaalse tier), soms vertaal as Koninklike Tier, of soms verkeerdelik vertaal as Koning Tier deur die Geallieerde soldate.Buckley 2004, p. 119.Tank Spotter's Guide, Bovington 2011 p. 63

Die Tiger II was die opvolger van die Tiger I en het die Tiger I se dik pantser met die skuins pantser van die Panther-tenk mediumtenk gekombineer. Die Tiger II het amper 70 ton geweeg en was beskerm met 100 tot 185 mm pantser aan die voorkant.Jentz and Doyle 1993, pp. 12, 15. Dit was toegerus met die lang loop 8.8 cm KwK 43 L/71 teentenkkanon.Kampfwagenkanone – abbr: KwK (Afrikaans: "gevegsvoertuigkanon") Die onderstel is ook gebruik as basis vir die Jagdtiger skiettoringlose teentenkvoertuig.Schneider 1990, p. 18.

Die Tiger II was uitgereik aan die swaartenkbataljons van die Duitse Leër en die Waffen-SS. Dit was die keer op 11 Junie 1944 vir oorlogvoering deur die 503de Swaarpantserbataljon gebruik gedurende die Geallieerdes se inval van Normandië.Jentz and Doyle 1993, p. 37. Aan die Oosfront was die 501ste Swaarpantserbataljon die eerste eenheid wat met die Tiger II toegerus is. Hulle het op 1 September 1944 oor 25 Tiger II-tenks beskik.Jentz and Doyle 1993, p. 40.

Notas

Verwysings

Kategorie:Tenks